<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Datahantering

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om eenvoudige tabelle te gebruik om data in te samel en vrae te beantwoord [lu 5.2]

Om data te organiseer en op te teken [lu 5.4]

1. Kom ons maak ‘n opname van die resultate wat die klas met die hoofrekentoets behaal het. Voltooi die volgende eenvoudige tabel:

Aantal vrae korrek 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 1
Aantal leerders __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __ __

2. Beantwoord nou die volgende vrae na aanleiding van jou tabel hierbo:

2.1 Hoeveel leerders het die hoofrekentoets geskryf? ______________________

2.2 Hoeveel leerders het volpunte? ____________________________________

2.3 Hoeveel leerders het net 8 vrae korrek beantwoord? ____________________

2.4 Hoeveel vrae het die meeste leerders korrek beantwoord? _______________

2.5 Was dit ‘n maklike hoofrekentoets? _________________________________

Motiveer jou antwoord. ___________________________________________

_____________________________________________________________________

KLASBESPREKING

Gesels eers oor die volgende en kyk of jul antwoorde kan kry.

1. Waarom, dink julle, is dit vir jul skoolhoof belangrik om te weet hoeveel

leerders daar volgende jaar in elke klas gaan wees?

2. Waarom is dit belangrik om te weet hoeveel mense daar in ‘n

sekere dorp woon?

3. Hoe kan bogenoemde inligting bekom word?

Assessering

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige dataversamelingsvelle (wat tellings vereis) en eenvoudige vraelyste (met ja/nee tipe antwoorde) gebruik om data te versamel (alleen en/of as ‘n lid van ‘n groep of span) ten einde vrae te beantwoord wat deur die onderwyser, self of die groep gevra word;

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder data organiseer en aanteken deur gebruik te maak van tellings en tabelle.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask