<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 7   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Nog meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Opvoeders afdeling

Memorandum

8.

(a) 14

(b) 37

(c) 47

(d) 97

(e) 0,47

(f) 0,47

(g) 10 000

(h) 144

(i) 63

(j) 630

(k) 6 300

(l) 630 000

(m) 3

(n) 30

(o) 30

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: transformasies [lu 3.5, lu 1.8]

6. TRANSFORMASIES

6.1 Kyk weer na jou tessellasies by vraag 1 (c). Jy kon die tessellasies met ’n enkele driehoek votooi het, maar dan sou jy jou driehoek moes gly, draai of omdraai.

6.2 LET OP

Om van die swart na die wit driehoek te beweeg, gebruik ons die volgende transformasies:

gly

draai

omdraai

6.3 Werk saam met ’n maat. Trek een van die driehoeke af by vraag 1 (c). Knip dit uit en pas dit nou op jou tessellasies. Kyk waar jy die driehoek kan gly, draai of omdraai om die hele tessellasie te voltooi.

  • Bespreek jul bevindinge met die res van die klas.

6.4 Teken nou enige tessellasie waar jy van enige van die drie transformasies gebruik maak. Verduidelik jou tessellasie aan die res van die klas.

7. Tyd vir selfassessering

  • Merk die toepaslike blokkie met ’n regmerkie :
Ja Nee
Ek kon help om ’n 3-dimensionele model wat balanseer, te bou.
My gesig by vraag 1 (b) is simmetries.
Ek kon die tessellasies by vraag 1 (c) korrek voltooi.
Ek kon die breedte van my klas korrek in “el” bepaal.
Ek kan sketse korrek volgens skaal vergroot.
Ek kan sketse korrek volgens skaal verklein.
Ek kan die volgende begrippe verduidelik:
  • rotasie;
  • transformasies.
Ek kan bepaal hoeveel keer gegewe figure in ’n volle omwenteling roteer.
Ek kan tessellasies deur middel van transformasies teken.

8. Voltooi die volgende hoofrekentoets so vinnig en akkuraat moontlik:

a) 8 + 6 = _______________________

b) 28 + 9 = ______________________

c) 28 + 19 = _____________________

d) 58 + 39 = _____________________

e) 0,97 – 0,5 = ___________________

f) 1,97 – 1,5 = ___________________

g) 105 ÷ 10 = ____________________

h) 32 x 42= _______________________

i) 7 x 9 = ________________________

j) 70 x 9 = _______________________

k) 70 x 90 = ______________________

l) 700 x 900 = ____________________

m) 18 ÷ 6 = _______________________

n) 1 800 ÷ 60 = ___________________

o) 18 000 ÷ 600 = _________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofrekenberekeninge doen wat kwadrate van natuurlike getalle tot minstens 10 2 en derdemagswaardes van natuurlike getalle tot minstens 5 ³ behels.

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder transformasies (rotasies, refleksies en verplasings) en simmetrie gebruik om die eienskappe van meetkundige figure te ondersoek (alleen en/of as ‘n lid van ‘n span of groep).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 7. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11076/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask