<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Meetkunde

Opvoeders afdeling

Memorandum

2.1 Drie-dimensionele Een vlak.

2.2 Een vlak Drie-dimensionele.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om 3-dimensionele figure te ondersoek en te vergelyk [lu 3.3.1]

Kom ons bou!

1. Werk saam met ‘n maat. Gebruik strooitjies of tandestokkies en wondergom en kyk of jul die volgende 3-dimensionele figure kan bou:

1.1 ‘n kubus

1.2 ‘n driehoekige prisma

1.3 ‘n piramide

1.4 enige ander drie-dimensionele figuur

2. Beantwoord nou die volgende vrae:

2.1 Hoe verskil ‘n kubus van ‘n vierkant?

_____________________________________________________________________

2.2 Hoe verskil ‘n driehoek van ‘n driehoekige prisma?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriënta­sies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe wat in hierdie graad bestudeer word, ondersoek en vergelyk (individueel en/of as lid van ‘n groep), volgens die bostaande eienskappe deur die volgende te doen:

3.3.1: maak drie-dimensionele modelle deur die volgende te gebruik:

  • strooitjies om ‘n raamwerk te bou,
  • ‘n net/patroon wat deur die onderwyser voorsien word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask