<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 8

Module 12

WOORDESKATUITBREIDING

Aktiwiteit 1

Om woordeskat uit te brei

[LU 6.1]

Gaan weer na TEKS C toe terug en gee die betekenis van die volgende woord en uitdrukkings in jou eie woorde. Gebruik gerus ’n woordeboek as jy nie heeltemal seker is nie.

1. eersdaags

2. inheemse sport

3. iemand te lyf gaan

4. iets op die sportkalender plaas

5. elektronies

6. iemand die stryd aansê

7. handleiding

8. standaardiseer

Aktiwiteit 2

Om navorsing te doen en mondeling en skriftelik terugvoering te gee

[LU 2.2, 2.4, 4.2, 4.4, 5.1, 5.2, 5.3]

Julle skool het besluit om ’n inheemse sportspele aan te bied waar al die gemeenskappe in die omgewing aan tradisionele inheemse (of tipiese) sportsoorte sal kan deelneem. Die doel van die spele is dat die verskillende gemeenskappe en bevolkingsgroepe iets van mekaar se kulture sal leer ken en mekaar sodoende beter verstaan. Julle het besluit dat daar sportsoorte moet wees waaraan, volwassenes (mans en vroue) en kinders (seuns en meisies) uit elke groep moet kan deelneem.

Vir hierdie doel is julle klas gevra om

1. te gaan uitvind watter inheemse/tipiese sportsoorte in die verskillende gemeenskappe voorkom en beoefen word;

2. ’n plakkaat saam te stel waarin julle die byeenkoms adverteer, waar daar minstens tien items gaan wees.

Die tema van die spele is:

Ons reënboognasie – eenheid in verskeidenheid

Julle sal in groepe werk en MONDELING terugvoering gee oor die sportsoorte waarvan julle gaan navorsing doen het en daarna in groepe ’n program SKRIFTELIK saamstel.

Aktiwiteit 3

Om geskrewe taal te redigeer

[LU 4.4, 6.1, 6.2]

Wanneer ons taal-, spel-, leestekens en idioomfoute regmaak, noem ons dit REDIGERING. Dis eintlik iets wat ons almal behoort te kan doen en moet aanleer; miskien doen baie van julle dit al: jy lees miskien ’n taak of skryfstuk deur om foute te elimineer (uit te haal) voordat jy die finale produk saamstel.

Lees die volgende beriggie deur waarin daar heelwat sulke soorte foute voorkom en redigeer dit aan die hand van die riglyne wat na die beriggie volg.

Teks D

SA se koel kop Freitag wil sy opponente skud

1 Die Suid Afrikaanse atletiekster Jacques Freitag wil op 2,30m. begin spring wanneer hy volgende Vrydagaand sy aanslag op die wêreldtitel maak vir mans in Parys.

2 Dit is dieselfde hoogte op wat Freitag onlangs op ’n groot internasionale kompetisie in Eberstadt Wesduitsland al sy teenstanders gewen het.

3 Die 21-jarige Freitag oefen tans in Pretoria en het gister vertel hoe vel sy oorsee se kompetisie nou geword het in hul pogings om hom te ontsenu. “Voorheen het hulle nie juis notisie van my geneem nie; nou vertel hulle my gedurig dat ek weeg te swaar, herhinder my aan my vorige beserings en sê ek hou nie van nat bane nie” het Freitag gesê.

4 Om sy selfvertroue op nat bane te bou, het Freitag se afrigter, Jonathan Van Zyl, Vrydag die baan sopnat laat spuit. Met die baan nat en die dwarslat op 2,30m het Freitag sewe keer gemaklik oor die hoogte geseil. Geen wonder sy selfvertroue is nou hemelhoog.

1. Kyk na die woorde 2,30m./2,30m in par. 1 en 4.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask