<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. Stel ’n lys vrae op wat jy vir elkeen gaan vra (omtrent agt vrae).

2. Skryf ’n kort berig wat op jou onderhoude met hulle gebaseer is. Voorsien dit van ’n goeie kop (opskrif).

3. Stel ’n tipiese spyskaart op van wat hulle die vorige aand en die oggend van die wedloop sou kon eet.

LU 4.1

Assessering

LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosio­nele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.2 sommige elemente van poësie verstaan;
3.4 vir inligting lees;
3.5 mediatekste krities ontleed;
3.7 vir genot lees;
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitlike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doel­eindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.3 vir persoonlike besinning skryf;
4.5 mediatekste ontwerp;
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 woordeskat uitbrei.6.4 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1.1 jong (sportsoort)

1.2 eenvoudige opwindende (vliegkuns)

1.3 eenvoudig effektief (sweeftuie)

1.4 grootste respek

1.5 volle halfuur

1.6 eie sin

1.7 eie woord (s.nw.) omkring

1.8 jong / jonk (vorm verskil)

1.9 jonger jongste

1.10 Die k word deur ‘n g vervang.

Verduidelik kortliks wat ‘n voorsetsel is en gee voorbeelde.

2.1 enige 5 voorsetsels

2.2 Vergelyk met klasmaats se voorsetsels en maak seker dat dit reg is.

2.3 eie sinne (5)

AKTIWITEIT 2

Opsomming in eie woorde sover moontlik. Ongeveer agt punte. Onderwyser kan hier vooraf aan die leerders verduidelik dat elke paragraaf ‘n “hoofgedagte” het en aandui hoe ‘n mens die hoofgedagte soek en onderstreep.

AKTIWITEIT 3

1.1 Dit gaan oor ‘n buitengewone sportsoort wat “moeras-snorkel” genoem word.

1.2 Dit word vir avontuurlustige sportmense geskryf; mense wat van die ongewone hou.

1.3 Ja, ek dink so, want dit is besonder ongewoon en min mense het seker al daarvan gehoor. (Enige aanvaarbare antwoord. Dit kan dalk negatief wees, maar die leerder moet ‘n goeie rede verskaf vir sy/haar siening.)

1.4 eie antwoord

1.5 Leerder gee eie antwoord. (Kan bv sê hy/sy kon dit nie glo nie.)

2.1 Dit is ‘n koerantberig.

2.2 ADRENALIEN-SPORTSnorkel deur slik en slym

2.3 Die eerste een is die hoofopskrif wat net ‘n aanduiding gee dat dit oor een of ander opwindende sportsoort handel; die tweede is ‘n subopskrif wat meer lig op die onderwerp plaas, m.a.w. meer spesifiek is.

2.4 alliterasie

2.5 Die s-klanke suggereer die klank van water of slyk waardeur ‘n mens waad of swem. (Enige aanvaarbare antwoord is in orde.) Leerders moet van die krag van klank in die taal bewus gemaak word.

2.6 slikkerige / slymerige / viesliker / walgliker / bruinerige

2.7 kristalhelder

2.8 troebel

2.9 ja

2.10 Dit is ‘n dik, taai, klewerige, bruin stroop wat ‘n mens gewoonlik vir diere voer. Dit pas goed hier in omdat die water ook dik en bruin en taai is en aan ‘n mens vaskleef.

AKTIWITEIT 4

1. Eie vrae. Daar moet ongeveer agt vrae wees en hulle moet relevant wees.

2. Eie beriggie met effektiewe kop. Bespreek opskrifte; leerders kan goeie voorbeelde saambring. Wys daarop dat koppe dikwels met woordspeling of beeldspraak werk. (‘n Goeie bron is Skryf Afrikaans van A tot Z – Die essensiële gids vir taalgebruikers deur Dalene Müller, en in 2003 deur Pharos uitgegee. Kyk onder “opskrifte – sub”.)

3. Eie spyskaart. Leerlinge kan verskillende soorte spyskaarte saambring as voorbeelde, en aspekte soos die wynlys en pryse kan bespreek word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask