<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1.7 Omkring die selfstandige naamwoord wat daardeur bepaal word.

1.8 Vergelyk dit met sin 1.1 hierbo. Wat merk jy op?

1.9 Voltooi die volgende sin deur die trappe van vergelyking van jonk in te vul:

  • Jan is jonk, maar sy suster is ........................, en sy boetie is die ......................... van hulle almal.

1.10 Wat merk jy op omtrent die spelling van die adjektiewe in 1.9?

2. Alledaagse voorsetsels

  • Jou onderwyser sal verduidelik wat ’n voorsetsel is.

2.1 Omkring vyf voorsetsels in die leesstukke hierbo.

2.2 Vergelyk die voorsetsels wat jy omkring het, met dié van een van jou klasmaats en kyk of jy saamstem met wat hy/sy gedoen het.

2.3 Maak vyf sinne van jou eie waarin jy voorsetsels gebruik.

LU 6.2

Aktiwiteit 2

Om vir inligting te lees

1. Lees die volgende berig oor ’n buitengewone sportman en som die inligting puntsgewys (maar in volsinne en in jou eie woorde so ver moontlik) op. Daar moet ongeveer agt punte wees. Onthou, opsom beteken nie oorskryf nie.

Kaapse dokter hardloop marathon in Noordpool
Dr Hans van Heerden (49) van Constantia, ’n tandheel­kundige chirurg, neem gereeld aan marathonwedlope in die uiterste omstandighede deel. Hy gaan binnekort saam met tien ander marathongees­drif­tiges by die Geografiese Noord­pool aan ’n uitmergelende wed­loop in gure weer van tot -50°C deelneem. Om die afgeleë terrein te be­reik, moet die deelnemers van Spits­bergen-eiland, 1 400 km noord van Noorweë, met ’n Rus­siese vliegtuig nog 600 see­myl noord oor die Arktiese ys­see vlieg.Die ontsettende koue kan lewens­gevaarlik wees, maar spesiale voorsorgmaatreëls word getref om die deelnemers te beskerm. Dr Van Heerden is ’n gesoute marathonatleet met ’n voorliefde vir avontuur. Sy eerste “on­ge­wone” marathon was in 1999 in Antartika toe hy 42 km op ys gehardloop het. In 2000 tydens ’n wedloop by die berg Everest, het hy en sy mede-wedlopers ’n hoogte van 6 400 m bereik. Hier het hy vriesbrand aan sy regter­voet opgedoen. “Ek het nog nie gevoel in dié tone nie,” sê hy. Van Heerden het verlede jaar die 14de plek (van 100 deelnemers) in ’n wed­loop in Noord-Mongolië behaal.Hy spesialiseer egter nie in buitelandse wed­lope nie. Hy het reeds verskeie plaaslike wed­lope soos die Comrades en die Twee Oseane suksesvol vol­tooi.Op ’n vraag oor hoe voornemende deelne­mers hulle vir só ’n wedloop voorberei, sê hy; “Daar is geen plaasvervanging vir fiksheid nie en ’n mens moet doelgerig wees.”Hy beoog om volgende jaar aan die groot wed­loop in die Gobi-woestyn in China deel te neem. Aangepas uit Die Burger, 8 April 2003

Aktiwiteit 3

Om mediatekste krities te ontleed

  • Lees die volgende koerantberig en voer die opdragte uit wat daarop volg:

Snorkel deur slik en slym

Die meeste mense verkies die water waarin hulle swem so kristalhelder soos dié van ’n chloor-advertensie. Skoon, amper onsigbaar. As die water effens troebel of groen word, moet dit eers gedokter word voordat daarin afgekoel word. Die meer avontuurlustiges waag bietjie meer, maar trek gewoonlik self die streep by bruinerige rivier- en damwater.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask