<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 7

Telekommunikasiedienste

Module 16

Telkomdienste

Telkom, wat verantwoordelik is vir Suid-Afrika se telefoonnetwerk, bied ‘n verskeidenheid van telekommunikasiedienste aan. Hierdie semi-staatsonderneming bied nie alleen dienste aan wat in die huidige behoeftes van die land voorsien nie, maar ook besig is om te werk aan toekomstige behoeftes.

Daar is talle telefoniese dienste vir die gewone verbruiker. Voor in elke telefoongids is daar ‘n lys van produkte en dienste wat Telkom aan verbruikers beskikbaar stel.

Vir sakeondernemings en besighede, klein en groot, is daar ook ‘n verskeidenheid produkte en dienste beskikbaar. Vir die doeleindes van hierdie leereenheid kyk ons slegs na ‘n paar van die dienste wat op tegnologiese gebied sake aansienlik vergemaklik.

Telkom bied digitale verbinding met groter bandwydte (ISDN Basic Rate), meer spoed en vinniger toegang tot die Internet as ‘n gewone telefoonlyn. Dit ondersteun ‘n verskeidenheid dienste soos spraak- en videotelefone, videokonferensies, faks, data- en beeldoordrag.

1.outobankgeriewe

a) TelkomEDI (Electronic Data Interchange)

Hierdie stelsel maak dit vir besighede moontlik om elektronies inligting en besonderhede met hul handelsvennote elders in die land, en selfs die wêreld, uit te ruil. Dit skakel onproduktiewe en tydrowende papierwerk uit terwyl dit hoogs winsgewende voordele inhou.

Bestellings en fakture hoef nie gepos te word nie. Dit versnel die handelssiklus en gevolglik ontvang besighede hulle geld baie vinniger.

Geweldig baie tyd word bespaar en minder personeel is nodig om die administratiewe en boekhoudingstake van die onderneming te doen.

b) CyberTrade

Die Internet word gebruik om vinnige en veilige finansiële transaksies tussen besighede en tussen besighede en verbruikers uit te voer.

Koop- en verkooptransaksies word elektronies gedoen. Met ander woorde, daar word op ‘n veilige manier op die Internet handel gedryf. Kooptransaksies word elektronies geprosesseer met inbegrip van oorskakeling na banke vir magtiging en betaling.

Weer eens word baie tyd bespaar, en ‘n kleiner personeel kan baie doeltreffend funksioneer.

c) Video- en Telekonferensies

Met behulp van telefoniese en videoverbindings kan vergaderings met persone op ander plekke gehou word.

Hierdie diens maak dit moontlik vir sakeondernemings om binne sekondes verafgeleë stede en dorpe te bereik en besigheid te doen.

Besluite kan baie vinniger geneem word, reiskoste word bespaar, en die ongerief om lang afstande te reis, word uitgeskakel.

Dit word beskou as die vinnigste manier om in vandag se tegnologie-gedrewe wêreld besigheid te doen.

d) Telefoonkonferensies

Hierdie diens verskaf ‘n eenvoudige en doeltreffende manier om sake met kliënte, verskaffers of personeel te bespreek. Tot sewe persone kan gelyktydig hierdie diens gebruik.

e) Faks-dienste

  • Fakse word ontvang en gestoor 24-uur per dag wanneer die fakslyn beset of buite werking is. Faksboobskappe kan herwin word indien nodig.
  • Een faksboodskap kan na honderde en selfs duisende nasionale en internasionale bestemmings gestuur word. Ure van kosbare tyd word in die proses bespaar.
  • Een faks- en dokumentnommer word aan kliënte beskikbaar gestel om hulle te voorsien van bygewerkte inligting tot dokumente en brosjures. Die kliënt skakel die faksnommer en herwin die dokumente deur die stemboodskappe te volg.

f) Telkom Internet- Satelliet

Deur middel van satellietverbinding kan gewone besighede en huishoudings regoor die land wat nie toegang tot die web per gewone telefoonlyn het nie, per satelliet toegang tot die Internet verkry.

‘n Satellietskottel word geïnstalleer wat vinniger en meer betroubare tweerigting-kommunikasie moontlik maak.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSI Ë LE KENNIS EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.3 die belangrikheid van administrasie in die bestuur van ‘n sakeonderneming bespreek;
3.4 die gebruik van tegnologie in telekommunikasiedienste (bv. selfone) en finansiële transaksies (bv. OTM, internet) in die verbetering van administrasie, kommunikasie en toegang tot inligting bespreek.

Memorandum

Telkomdienste

  • Leerders raadpleeg die geelbladsye van die telefoongids waar al Telkom se dienste verduidelik word. Hulle doen verslag in die klaskamer.
  • Die webblad van Telkom kan ook geraadpleeg vir diegene wat toegang tot die Internet het. Die webadres is www.telkom.co.za.
  • Die stof in die module word met die leerders bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask