<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die water het die hele voorste helfte van die skip oorstroom en die Titanic het vooroor gehel. Kort daarna het die skip in twee gebreek en gesink. Van die 2 227 mense aan boord het 705 oorleef. Die oorblywende 1 522 mense het almal verdrink.

Die sinne hieronder is ‘n opsomming van die ramp wat die Titanic getref het.

Die sinne is egter nie in die regte volgorde nie. Rangskik hulle in die regte volgorde. Skryf hulle neer in die regte volgorde. Moenie die sinne nommer nie. Skryf dit as ‘n paragraaf.

1. Daar was ‘n gat in die boeg en die water het vinnig ingestroom.

2. Die skip was uiters luuks en daar is gesê dat dit nooit sou sink nie.

3. Die Titanic het op 10 April 1912 met 2 227 mense aan boord van Southampton na New York vertrek.

4. 1 522 Mense het verdrink en 705 is gered.

5. Daar was net twintig reddingsbote en die vrouens en kinders het die skip eerste verlaat.

6. Op die nag van 14 April 1912 het die skip teen ‘n ysberg gebots.

7. Die skip het in twee gebreek en gesink.

As jy hierdie opsomming kon doen, het jy regtig die storie verstaan.

Selfassessering of makkerassessering onder leiding van die opvoeder.

LU 4.1.3

Assessering

LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.2 op kulturele gepaste wyse optree:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.3 die addisionele taal gebruik om inligting oor te dra:
2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is; en
2.4 die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse gebruik:
2.4.4 verbeel hom/haar moontlikhede en beskryf dit.
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 op ‘n eenvoudige manier begrip toon van die elemente van stories:
3.1.1 titel, ruimte/agtergrond en intrige (bv. vertel waarom sekere gebeure op daardie manier in ‘n storie gebeur);
3.1.2 begryp karakters (bv. beskryf hoe ‘n karakter voel en gesels oor moontlike redes vir hul optrede);
3.1.4 let op hoe karakters en intrige aangebied word om ‘n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld (bv. word mense van verskillende rasse/kulture stereotipies uitgebeeld of hulle diversiteit realisties oorgedra?);
3.2 op ‘n eenvoudige manier begrip toon van sommige elemente van poësie:
3.2.1 woorde wat rym;
3.3 lees vir inligting:
3.3.1 volg instruksies, resepte, kaarte en planne;
3.6 vir genot en inligting lees:
3.6.5 los woordraaisels op;
3.7 naslaanwerke gebruik en woordeskat ontwikkel:
3.7.3 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ± 3 000 tot 5 000 alledaagse woorde.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting te gee:
4.1.2 ‘n skriftelike beskrywing van ‘n persoon, voorwerp of eenvoudige proses gee;
4.1.3 sleutelwoorde en vrae as raamwerk gebruik om ‘n verslag te skryf;
4.4 mediatekste ontwerp:
4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.2 taal gebruik om te dink:
5.2.2 rangskik dinge volgens bepaalde kriteria (soos van die oudste tot die nuutste);
5.2.3 ontleed die eienskappe van dinge en klassifiseer dit;
5.2.8 evalueer, maak keuses en beoordeel, en gee redes daarvoor.
LU 6
WOORDESKAT EN GRAMMATIKA Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.3 die verskillende tydsvorme (teenwoordige, verlede en toekomende tyd);
6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ons het nie gewen nie);
6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief);
6.2.12 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy speel, maar hy lees ‘n boek; ons werk hard omdat ons goed wil doen);
6.3 sy/haar woordeskat ontwikkel:
6.3.2 verstaan en gebruik woorde met teenoorgestelde betekenis (soos: lelik/mooi).

Memorandum

2. Ramp beteken ‘n groot ongeluk.

(1) vulkaan (2) orkaan

(3) tornado (4) droogte

(5) oorstroming (6) ontplof

(7) sink (8) tragies

(9) verwoes (10) beseer

(11) rampe (12) brand

3.

  • Titanic Skip wat gesink het
  • Pompeji Vulkaniese uitbarsing
  • New York Terroriste-aanval
  • Chernobyl Kernkragontploffing
  • Challenger Ruimtetuig ontplof
  • Noag Groot vloed

4. (1)

(a) Pompeji

(b) amfiteater

(c) strydwa-wedrenne

(d) herberge

(2)

(a) getjank

(b) weggehardloop

(c) donker

(d) klippe

(3)

(a) Vesuvius

(b) vulkaan

(c) lawa

(d) as

(4)

(a) Meer as 2 000 mense het gesterf.

(b) Hulle is begrawe onder die as en puimsteen.

(5)

(a) Die stad het vergete gebly.

  1. Argeoloë het die stad ontdek.

5.

(1) Aardbewings laat die aarde bewe en geboue stort ineen.

(2) Orkane is verskriklike winde; daarom waai dakke af.

(3) Die torings in New York is vernietig omdat vliegtuie in hulle vasgevlieg het.

(4) Pompeji is begrawe, maar dis weer ontdek.

(5) Die lugskip was gevul met waterstofgas, dus was dit baie plofbaar.

(6) Dit is ‘n feit dat die Titanic baie luuks was.

(7) Die pes is ‘n gevaarlike siekte, want jy kan sterf.

(8) Jy moet uit ‘n gebou vlug, terwyl daar ‘n aardbewing is.

7.

(1) Die Titanic het op 10 April 1912 met 2 227 mense aan boord

van Southampton na New York vertrek.

(2) Die skip was uiters luuks en daar is gesê dat dit nooit sou sink nie.

(3) Op die nag van 14 April 1912 het die skip teen ‘n ysberg gebots.

(4) Daar was ‘n gat in die boeg en die water het vinnig ingestroom.

(5) Daar was net twintig reddingsbote en die vrouens en kinders het die skip eerste verlaat.

(6) Die skip het in twee gebreek en gesink.

(7) 1 522 mense het verdrink en 705 is gered.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask