<< Chapter < Page Chapter >> Page >

5.5 Hoekom kan hierdie (6.3) tabel nie in die vorm van 'n vloeidiagram gegee word nie? Bespreek dit met jou maats en skryf dan jou antwoord neer.

6. Ander patrone met getalle:

6.1 Tel hierdie syfers bymekaar: 1 + 2 + 3 + 4 + 5 + 6 + 7 + 8 + 9 + 10

'n Mens kan hulle maar in daardie volgorde bymekaar tel, of 'n mens kan 'n patroon probeer opspoor. Kom ons paar teenoorstaande getalle soos ons die nommers op die dobbelsteentjie gepaar het: die eerste en die laaste, en so aan. Dan word dit:

1 + 10 en 2 + 9 en 3 + 8 en 4 + 7 en 5 + 6. Wat merk jy nou op as jy die totale vergelyk?

Jy kan dit verkort na: 5 × 11. Verduidelik dit aan 'n maat. Waarvandaan kry ons die 5 × 11 ?

6.2 Tel al die getalle van 1 tot 20 insluitend bymekaar. Probeer om 'n patroon en 'n kort metode op te spoor. Skryf wat jy gedoen het en die antwoord wat jy gekry op die stippellyn hieronder. Toets jou antwoord op die lang manier. Jy mag maar 'n sakrekenaar hiervoor gebruik.

7. Daar is nog 'n interessante patroon wat gesien kan word as jy die volgende bymekaartel:

  • 1 tot 10 insluitend = ……….
  • 11 tot 20 insluitend = ………
  • 21 tot 30 insluitend = ………
  • 31 tot 40 insluitend = ……….
  • 41 tot 50 insluitend, en so voorts tot 100. Skryf die antwoorde neer, bestudeer dit dan en probeer om te verduidelik hoekom hierdie patroon voorkom.

8. Nog meer patrone met vorms. Die volgende patroon kan met tandestokkies gebou word, een vir elke reguit lyn.

8.1 Patroon: Elke keer as ons nog 'n driehoek bysit, het ons nog ……… tandestokkies nodig.

  • Ons kan hierdie inligting in 'n tabel aanteken. Voltooi dit asseblief.
Aantal driehoeke 1 2 3 4 5 6 17 25
Aantal tande-stokkies
  • Hoe word die laaste twee antwoorde bereken? Daar is ten minste twee verskillende maniere (sonder 'n sakrekenaar) en dit is belangrik om hulle met jou maats te bespreek.

Wenk: Jy kan miskien na die tandestokkies wat virses driehoeke gebruik is, kyk en dit gebruik om te bereken hoeveel tandestokkies vir 17 driehoeke benodig word. Anders kan jy die algemene patroon gebruik en dit toepas om uit te vind hoeveel tandestokkies jy vir die 17 driehoeke nodig het. Die bespreking is belangrik, dus gee ons nie sommer 'n antwoord nie.Dieselfde geld vir die 25 driehoeke.

8.4 Skryf hoe jy die antwoorde bereken het, vir:

  1. 17 driehoeke
  1. 25 driehoeke

9. Voltooi die tabel:

In 1 2 3 4 5 6 10 20 50
Uit 8 15 22 29 36

TOETS JOU VORDERING

1. Toon die volgende 'n tessellasie? Skryf “ja” of “nee” vir elkeen.

1.1 Gebruik van die trapesium en die ruit
1.2 Gebruik van die trapesium op sy eie
1.3 Gebruik van sirkels

2. Noem een verskil tussen die kante van 'n trapesium en die kante van 'n parallelogram. .

3. Hoekom word 'n driehoek vir die raamwerk van 'n huis se dak gebruik?

4. Daar is 10 teëls in 'n ry en 17 rye teëls op 'n vloer. Hoeveel teëls is daar altesaam?

5. Pappa gebruik 135 teëls om die stoep te teël. Hy plaas 9 teëls oor die breedte van die stoep. Hoeveel teëls is daar oor die lengte van die stoep?

6. Teken 'n diagram om te wys hoe 'n geteëlde vierkant sal lyk as 16 vierkantige teëls gebruik word om dit te teël. Gebruik jou liniaal wanneer jy die teëls teken.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask