<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuitopwarming

  • Bly op een plek en bring jou regterbeen vorentoe – sit jou hak op die vloer – voet gestrek.
  • Bring jou voet terug na die beginposisie.
  • Ruil bene om en sit die regterhak op die vloer.
  • Herhaal agt keer. Loop
  • Loop vorentoe vir vier tellings (lei regs).
  • Doen vier.
  • Loop agtertoe vir vier tellings.
  • Doen vier.
  • Herhaal vier keer. Kombinasie
  • Kombineer al die oefeninge – begin met die systrekke en eindig met die kombinasie.
  • Herhaal die kombinasie vier keer. Binnebeen-opwarming
  • Loop op die plek vir agt tellings.
  • Maak jou bene oop en loop met oop bene op die plek vir agt tellings.
  • Loop op die plek vir vier tellings.
  • Loop met oop bene op die plek vir vier tellings.
  • Loop vir twee tellings.
  • Loop met oop bene vir twee tellings.
  • Loop met toe en oop bene om die beurt vir agt tellings. Leun
  • Loop met oop bene vir agt tellings – op die plek.
  • Hou bene oop en leun van kant tot kant vir agt tellings.
  • Hou jou bolyf regop en plaas hande op jou heupe.
  • Na agt tellings hou leun na die regterkant – hou posisie vir agt tellings.
  • Draai na regs met jou liggaam en plaas jou hande op die gebuigde knie – die ander been reguit agter jou.
  • Maak jou gebuigde knie reguit – bring bolyf effens afwaarts – hou vir agt tellings.
  • Buig en maak knie reguit agt keer.
  • Herhaal aan die ander kant. Herstel
  • Met bene oop, kyk na voor met gebuigde knieë (plié).
  • Buig en maak bene reguit (agt keer).
  • Loop met oop bene en gebuigde knieë (agt keer).
  • Hou aan loop op die plek en bring bene na mekaar toe.
  • Loop op die plek normaal agt keer.

Jy is welkom om enige van hierdie oefeninge te kombineer soos jy wil.

Die opwarming moet nie meer as tien minute en minder as drie minute wees nie.

Aktiwiteit 2:

Om te improviseer en choreografiese ontwerpkonsepte te ondersoek

[lu 1.2]

  • Noudat jy opgewarm is, kan ons aktief begin om die verskillende choreografiese ontwerpkonsepte te ondersoek, wat jou in staat sal stel om jou eie dans te skep. Luister aandagtig na jou opvoeder wat vir jou kosbare inligting sal gee om mee te werk. Wees kreatief en geniet dit!

1. Groepsbou

Alle groepe, groot of klein, van enige dansstyl, val in twee kategorieë:

  • Simmetries: die opbou tot ‘n sentrale punt; elke kant wat dieselfde is as die ander kant, om ‘n gebalanseerde ontwerp te skep.
  • Asimmetries : enige groep wat nie ‘n sentrale fokuspunt het nie, en dus nie ‘n ooglopende gebalanseerde ontwerp het nie.

Jy sal in twee groepe geplaas word – een simmetries en een asimmetries.

Plaas julleself sodat die groepe uit reguit lyne, sirkels en kurwes bestaan – geskep met julle arms en knieë gebuig of reguit.

Kombineer die lyne en kurwes.

2. Koöperatiewe groepe

Gaan na die middel van die dansruimte.

Neem een vir een plek in by die leerder in die middel van die dansruimte.

Verander die oorspronklike groepsformasie deur elkeen om die beurt te beweeg.

Verander die groepsformasie deur op dieselfde tyd te beweeg.

Beweeg en verander aanhoudend.

Die stemming van die musiek moet gehoorsaam word.

3. Ruimte – Vloerplanne

Die rigting van die vloerplan moet verander met die musiek.

Die ontwerpe van die vloerplanne moet in verhouding wees met die lyne en vorms soos uitgevoer, bv.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask