<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AARDRYKSKUNDE

Graad 4

VOEDSELPRODUKSIE

Module 21

KOMMERSIËLE EN BESTAANSBOERDERY

A

B

Aktiwiteit 1

Om twee sketse van plase aan die hand van die volgende kriteria met mekaar te vergelyk [LU 1.6]

Skets A Skets B
Geboue
Implemente
Boerderymetode
Produkte verbou

In skets A boer die bewoners van die grond slegs met die doel om in hul eie behoeftes te voorsien. Gewoonlik is dit nie ‘n baie groot stuk grond nie en hulle produseer slegs genoeg voedsel vir eie gebruik en soms is daar oor om te ruil / verkoop om in ander behoeftes te voorsien. ‘n Verskeidenheid van gewasse word aangeplant en vleis, eiers en melk word ook self voorsien. Die arbeid word ook self deur die boer en sy gesin verrig, aangesien daar nie wins uit die boerdery gemaak word om salarisse te kan betaal nie. So ‘n boer word ‘n bestaansboer genoem.

In skets B ontmoet ons ‘n boer wat hoofsaaklik met een gewas (in hierdie geval mielies) boer. Hy produseer groot hoeveelhede en verkoop dit dan teen ‘n wins, sodat hy van die geld kan leef en weer genoeg saad kan aankoop vir die volgende oes. Hy produseer nie vir eie gebruik nie, maar koop sy kos. So ‘n boer word ‘n kommersiële boer genoem en hy boer om geld te maak.

Aktiwiteit 2

Om jou eie bestaansboerdery te beplan [LU 1.7]

Maak eers ‘n lys van die basiese soorte voedsel wat jy nodig het om te oorleef.

............................................................................................................................

Jy het so pas ‘n bestaansboer geword. Gestel jy kry ± 5 000 vierkante meter (70 m by 70 m) grond (± 1/2 hektaar) in die Suid-Kaap waar die grond baie vrugbaar is en waar dit dwarsdeur die jaar reën. Op jou stuk grond is reeds ‘n plaashuis met alle dienste sowel as ‘n dam, standhoudende rivier en omheining. Hou in gedagte watter basiese kossoorte jy benodig om te oorleef en beplan jou boerdery. Skets ‘n plan (kaart) met ‘n duidelike sleutel hoe jou plasie vanuit die lug sal lyk.

Assessering

LEERUITKOMS 1: AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.6 inligting vanaf kaarte gebruik (insluitend eie waarnemings) om vrae oor mense en plekke te beantwoord (bv. “Waarom is dit so?”) [beantwoord die vraag];

1.7 aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -terme gebruik om op verskillende maniere verslag te doen oor ondersoeke [dra die antwoord oor].

Memorandum

Skets A Skets B
Geboue Klein huis Plaashuis en motorhuisSkuurSilo’s
Implemente HandploegPerdStampblok TrekkersPloegskare
Boerderymetode Met hande-arbeidMin arbeidersKlein skaalVoorsien in eie behoeftes MeganiesBaie arbeidersGroot skaal
Produkte verbou Iets van alles volgens eie behoeftes Gefokus op geselekteerde gewas

Melk

Brood

Botter

Groente

Vleis

Eiers

Maak voorsiening vir:

Beeste

Skape

Hoenders

Koring

Mielies

Groente

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask