<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 2

Bome

Module 5

Herwinning

Herwinning

  • Een van die beste maniere om ons bome te bewaar is om betrokke te raak by die herwinning van papier.
  • Die ou papier word weer verpulp en gewas en so word daar dan weer nuwe papier gemaak.

Bespreek met jou maats:

  • Lê daar dalk baie papier by julle skool rond wat herwin kan word?
  • Wat dink julle sal gebeur as niemand die papier gaan optel en verwyder nie?
  • Wat kan julle doen om die situasie te verbeter?

Begin om al die afvalpapier in jou klas te versamel. Kyk hoeveel jy kan versamel. Weeg die papier aan die einde van elke week. Voltooi ‘n grafiek om te bepaal hoeveel papier jy teen die einde van die maand versamel het. Kleur elke week se blokkies ‘n ander kleur in.

  • In watter week het jy die meeste papier versamel?
  • Jy kan maklik sakgeld maak of geld vir die skool insamel deur gereeld al die afvalpapier te versamel. Vra vir Juffrou om jou meer hiervan te vertel.

Onthou: elke keer wat jy papier spaar of herwinbare papier gebruik, help jy ons omgewing bewaar. Dink aan verskillende maniere waarop jy papier kan bespaar. Sommige idees is baie prakties. Partykeer is dit onmoontlik.

Bespreek dit in jou groep en besluit watter van die maniere wel vir julle moontlik is.

  • Party mense maak baie spoggerige papier deur verskillende produkte te gebruik, soos verskillende grassoorte, blare en selfs olifantmis!
  • Gewoonlik kan hulle nie so baie papier soos ‘n fabriek maak nie. Waarom dink jy is dit nie moontlik nie?

Dit kan ook baie duur wees om sulke spesiale papier te maak.

  • Gaan kyk na al die verskillende pryse van papier in die verskillende winkels. Kyk ook na die verskillende soorte papier en vergelyk die pryse.
Soort papier Gebruik Prys
  • Wat het jy opgemerk van die verskillende soorte papier?
  • Hoe het die pryse van die verskillende soorte papier vergelyk?
  • Aangesien dit nogal moeilik is om jou eie papier te maak, kan jy ook gewone papier versier en jou eie geskenkpapier ontwerp.
  • Dink aan geleenthede waar daar geskenkpapier gebruik word, soos ‘n verjaarsdag, Kersfees, Valentynsdag, ensovoorts.
  • Mense het nie altyd met spesiale geleenthede geskenke gegee nie. Indien hulle wel iets gegee het, was dit baie eenvoudig.

Vra vir jou ouers, asook vir Ouma en Oupa, wat hulle altyd gekry of vir ander gegee het.

Miskien kan jy dink aan ‘n nuwe geleentheid waar geskenke gegee kan word. Wat sal die geleentheid wees?

  • Besluit vir watter geleentheid jy graag jou eie papier sal wil ontwerp.
  • Skep jou eie ontwerp: (Maak van verskillende lyne en patrone gebruik).
  • Jy kan jou papier aan familie en vriende verkoop. Kyk of hulle in jou produk sal belangstel.
  1. Vind uit of hulle jou geskenkpapier sal koop.
  2. Hoeveel gaan jou papier kos? Vind uit hoeveel hulle gewoonlik vir papier sal betaal.
  3. Vra hoeveel hulle bereid is om te betaal.
  4. Vra ten minste drie persone.
  • Voltooi ‘n tabel.
  • Dink jy dit is moontlik om jou papier te verkoop?
  • Hoeveel sal jy daarvoor vra?
  • Daar word nie net papier van hout gemaak nie, maar daar is ook nog baie ander gebruike van hout. In die verlede is dit hoofsaaklik gebruik om jou warm te maak en baie huise is ook van hout gebou. Meeste van die meubels was ook net van hout gemaak. Nou word daar ook van ander materiaal gebruik gemaak om meubels te maak.
  • Watter soort materiale word gebruik? Skryf ‘n paar voorbeelde neer.
  • Dink jy die meubels is nou beter?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask