<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Eiendaardige dinge

Opvoeders afdeling

Memorandum

Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.

Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.

Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.

Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.

Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.

TYDSKEDULE VIR DIE MODULES

Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.

Lees om feite en inligting te bekom word aangemoedig deur middel van die lees van ‘n koerant.

Klanke aai, ooi, oei, eeu.

Woordbou: Klanke saamvoeg om eenhede te vorm.

Skeppende skryfwerk: Die skryf van ‘n verslag.

- Verlede tyd word aangespreek.

- Bywoorde word voorgestel.

- Deur middel van ‘n gedig word genotlees en lees om feite te versamel aangemoedig.

- Hoofletters, kommas en punte word behandel.

INTEGRASIE VAN TEMAS

  • ‘N GESONDE OMGEWING

Spesiale maatreëls word getref om oë te beskerm teen die son.

Reëls en regulasies om veiligheid van mens en dier te verseker word bespreek.

  • SOSIALE GEREGTIGHEID

Nie alle mense kan die luukse van wildtuin besoeke bekostig nie.

Leerders raak sensitief vir armoede.

Gemeenskaplike geriewe word met verantwoordelikheid gebruik.

Leerders word bewus gemaak van die belangrikheid dat daar na ons wilde diere omgesien word – natuurbewaring.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees.

Dieremaniere

Niemand weet waarom Hubert, die seekoei, besluit het om die pad te vat nie. Op 22 November 1928 het werkers hom suikerriet sien vreet. Die storie verskyn in al die koerante. Vir ‘n tydjie skuil hy in ‘n waterpoel naby die spoorlyn.

Treine het stadiger verby die poel gery en vir hom getoet.

Gou kom hulle agter dis nie ‘n hy nie! Toe noem hulle haar Huberta.

Busse vol mense ry om na haar te kyk. Hulle gooi vir haar vrugte. Sy word vet en lui.

‘n Dieretuin hoor van haar en wil haar hê.

Fotograwe, wildjagters en mense van die dieretuin probeer haar vang. Stories oor hoe Huberta wegkom, word graag vertel. Fotograwe en verslaggewers val in modderpoele of klouter in bome om van haar af te vlug!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask