<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Sosiale ontwikkeling en loopbaanoriëntering

Module 23

Die mens en omgewing is voortdurend in interaksie met mekaar

Aktiwiteit 1:

Om te toets of jy die gedagte dat mense nodig het en dat die mens en omgewing voortdurend in interaksie met mekaar is, bemeester het

[LU 1.2]

Jy moet ‘n lang tydperk (‘n jaar of twee) op ‘n eiland deurbring. Daar is geen ander mense of selfs geboue nie.

1. Kies enige geografiese streek en omgewingsomstandighede. Dit kan byvoorbeeld ‘n digbewoude tropiese eiland wees, of ‘n redelik droë eiland met pragtige strande, duine, ens.

  • Skryf ‘n kort beskrywing van jou eiland en maak ‘n skets. Toon aan waar jy jou kamp gaan oprig en verduidelik hoekom jy juis daardie posisie gekies het.

2. Kies vyf verskillende soorte diere om die eiland met jou te deel. Gee redes vir jou keuse.

3. Kies een persoon om jou te vergesel na die eiland vir die duur van jou verblyf. Wie gaan jy kies? Watter eienskappe en vaardighede kan hierdie persoon bied om jou verblyf meer draaglik te maak.

4. Pak nog vyf items bo en behalwe jou klere. Wat sal jy saamneem?

5. Evaluering: Vra minstens twee klasmaats om jou kennis van die interaksie tussen mens en omgewing te evalueer. Hulle moet op die volgende antwoorde verskaf:

a) Mens kan werklik op hierdie eiland oorleef – die omgewing is nie te vyandig nie.

b) Die keuse van kampterrein is sinvol / is nie sinvol nie.

c) Die gekose diere is geskik vir die klimaat en hou nie vir die bewoners gevaar in nie.

d) Die metgesel is ‘n wyse / onwyse keuse omrede ….

e) Die bykomende vyf items is wys / onwys gekies…

Ek is van mening dat die interaksie tussen mense en mens en omgewing verstaan.

Geteken:

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Gesondheids-bevorderingDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.1 ‘n aksie kan beplan waarmee wette en/of beleid vir die beskerming van omgewingsgesondheid, toegepas word om met ‘n omgewingsgesondheidsaangeleentheid te handel;
1.2 die oorsake van algemene siektes krities in terme van sosio-ekonomiese en omgewingsfaktore kan analiseer;
1.4 toon dat hy ingeligte en verantwoordelike besluite oor gesondheid en veiligheid kan neem; en
1.5 ‘n gesondheids- en veiligheidsaangeleentheid wat met geweld verband hou kan analiseer, en alternatiewe vir geweld asook teenstrategieë kan voorstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask