<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Willie gaan visvang

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

TYDSKEDULE

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Sport as onderwerp word in hierdie module behandel. Willie gaan visvang en daar wag ‘n groot verrassing.

Woorde en letters word tussen lyne geoefen.

INTEGRASIE VAN TEMAS

Menseregte

  • Almal het die reg op sportdeelname. Daar moet geriewe vir almal wees.

‘n Gesonde omgewing

  • Daar moet veilige plekke wees waar kinders kan speel.
  • Bespreek.

Speel ‘n raai-raai speletjie met die leerders. Een leerder kom staan voor die klas. Hy/sy moet aan ‘n sportsoort dink en die ander leerders moet, deur vrae te vra, probeer raai waaraan hy dink. Hulle mag egter net vrae vra waarop hy/sy ja of nee mag antwoord, byvoorbeeld:

Kan seuns en meisies daaraan deelneem?

Het ‘n mens ‘n bal nodig?

Het ‘n mens nog iets anders nodig?

Is dit krieket?

Leerders mag ook ander interessante sportsoorte kies. Die leerder wat eerste reggeraai het, mag nou weer voor kom staan.

LU 1.2

LU 2.8

Behandel die tabel op die volgende bladsy in groepe met die leerders. toets so om seker te maak dat elke leerder in die groep dit verstaan. die klas teken dan klassikaal die tabel vir die hele klas. indien die klas te groot is, kan dit ook in groepe (een tabel per groep) gedoen word.

Vra vir die leerders in groepe vrae soos die volgende om te toets of hulle oorsaak en gevolg / rede verstaan. Gebruik ook eie vrae om sodoende al die leerders te toets.

  • Hoekom dra seuns ‘n kopskerm in krieket?
  • Hoekom dra meisies skoene op ‘n netbalbaan?
  • Wat sal gebeur as ‘n span van 15 seuns teen ‘n span van 6 seuns rugby speel?
  • Wat sal gebeur as ‘n mens visvang sonder aas?
  • Wat sal gebeur as ‘n mens met ‘n rugbybal gholf speel?

Lu 5.2

Leerders afdeling

Inhoud

  • Omkring al die oe en uu woorde wat jy sien.

klhjyvuurkdlfjhgsoekhgftrnhoed

duurhkglhoesjghgklsoetkgmbm

hgkjktuurlglkgbhoekmnbklboer

hkjvoelufjitnbroerjhgklhuurkhlfl

LU 6.2
  • Hierdie tabel wys vir ons hoeveel kinders in Graad 1 aan watter sportsoorte deelneem.

Beantwoord nou die vragies:

1. Hoeveel kinders neem aan netbal deel? …………………………………

2. Hoeveel kinders neem aan rugby deel? ………………………………….

3. Hoeveel kinders neem aan tennis deel? ………………………………….

4. Hoeveel kinders neem aan krieket deel? …………………………………

LU 3.1
  • Vul nou die tabel vir julle klas of groep in!
netbal
rugby
krieket
tennis
LU 5.4
LU 4.1
uu muur tuur
gluur vuur tuur
huur suur kuur
oe boek soen
hoek voel goed
voet moeg hoed
LU 3.4
i j t
u x y
z aa ee
oo uu oe

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder visuele leidrade gebruik om betekenis te skep.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting verwerk.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask