<< Chapter < Page Chapter >> Page >

KUNS EN KULTUUR

Graad 4

KRITIESE EN KREATIEWE REFLEKSIE

Module 19

MUSIEK: TOETS JOU KENNIS

FINALE

Aktiwiteit 1

Om instrumente te identifiseer [LU 2.4, 2.5]

  • As finale opsomming van die werk, luister ons na die Finale . Verdeel in groepe. Elke groepie verteenwoordig ‘n spesifieke dier. Luister na die musiek: Die diere beweeg nou in ‘n optog verby. Sodra jou spesifieke dier gehoor word, beweeg jy saam met die musiek.
  • Ons tel vier, m.a.w. die maatslag is vier en dit is ‘n marsritme (1 2 3 4 / 1 2 3 4).

Het al die diere verby beweeg in die finale optog?

TOETS JOU KENNIS

Kies die korrekte antwoord deur A, B of C in te kleur.

1. Die komponis dryf hiermee die spot met . . .

a homself en ander komponiste. b diere. c mense.

2. Die instrument wat die meeste gehoor word is die . . .

a tromme. b klavier. c klarinet.

3. Marsmusiek is in . . .

a enige maatslag. b 4-tyd. c 3-tyd.

4. Walsmusiek is in . . .

a enige maatslag. b 4-tyd. c 3-tyd.

5. Die finale opsomming van al die diere is in die . . .

a Cancan. b snit. c finale.

6. Klank by strykinstrumente word verkry as die . . .

a snaar vibreer. b lugkolom vibreer. c stok vibreer.

7. Klank by houtblaasinstrumente word voortgebring as die . . .

a snaar vibreer. b lugkolom vibreer. c pyp vibreer.

8. Hoe langer die snaar, . . .

a hoe laer die klank. b hoe hoër die klank. c hoe meer note kan jy speel.

9. Hoe kleiner die instrument, . . .

a hoe laer die klank. b hoe hoër die klank. c hoe sagter die klank.

10. Die klankkleur van die klarinet is . . .

a yl. b syagtig. c hol.

11. Die instrument wat die leeu naboots, is die . . .

a xilofoon. b tromme. c klavier.

12. Die instrument wat die koekoek naboots, is die . . .

a koekoekfluitjie. b klarinet. c klavier.

13. Die instrument wat die fossiele naboots, is die . . .

a ghong. b xilofoon. c geraamtebene.

14. Die instrument wat die olifant naboots, is die . . .

a basviool. b baskontra. c kontrabas.

5. Die instrument wat die swaan naboots, is die . . .

a tjello. b fluit. c viool.
TOTAAL 15
1 2 3 4
1 - 7 8 - 9 10 - 12 13 - 15

Hoe dink jy is jou kennis omtrent die instrumente?

Swak …………… Redelik............. Goed .............. Baie goed

Aktiwiteit 2

Om musieknotasie te lees [LU 2.3, 2.4]

Onthou jy nog die Morsekode uit ‘n vorige module?

Lees en klap die Skilpad-tema.

Dit is goed om jou ritme aan te moedig!

KYK hier kom Skil - lie
SKIL - PAD hy kom met die
GROOT PAD sta - dig teen die
af - draand kom hy aan - ge - suk - kel
KYK

Probeer nou om die Skilpad-tema te sing! Jou opvoeder sal jou help!

Skryf nou die skilpadtema oor in ‘n geheime skrif! Gebruik die sleutel wat gegee word.

WENK : Om die kwartrus te teken

Lyn 1 Lyn 2 Lyn 3
Lyn 4 Lyn 5

Assessering

LEERUITKOMS 2: REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.3 kwart- en halfnootwaardes, asook pouses in ‘n kort wysie kan herken;

2.4 maatslae soos vier-vier en drie-vier kan herken;

2.5 na musiekinstrumente luister en hulle kan identifiseer in terme van voorkoms, naam, wyse van klankproduksie, timbre en algemene toonhoogteklassifisering (hoog-laag).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask