<< Chapter < Page Chapter >> Page >

[LU 5.1, 5.5]

RISIKO’S

Ons aanvaar sekere risiko’s in ons daaglikse lewe – ons kan hulle skaars vermy. Ons kan nie alle risiko’s uitskakel nie, maar as ons tussen die grotes en die kleintjies kan onderskei, sal dit wel help. Dis moeilik om alles van risiko’s te bestudeer, maar as ons die beginsels verstaan, kan ons meer dikwels eenvoudige, wyse besluite neem.

Ons word daagliks blootgestel aan vele risiko’s – hier is ’n paar waaroor ons gerus kan dink:

1. Radioaktiewe bestraling kan kanker veroorsaak. As al die klein bietjies bestraling waaraan ’n mens blootgestel word, ophoop, loop jy ’n groter risiko om kanker op te doen. Waar kom al hierdie strale vandaan?

  • Eerstens is daar natuurlike radioaktiewe bestraling – oral om ons – vanuit die ruimte en vanuit die aarde. Dit maak ’n groot verskil waar jy woon. Radon is ’n radioaktiewe gas wat deur rotse kom en vasgevang kan word in woonhuise. As jy sou belangstel, kan daar vir radon in jou huis getoets word. Maar as jy net seker maak dat daar gereeld vars lug deur die huis waai, is jou risiko al baie minder, al weet jy nie hoeveel daar uit die grond syfer nie.
  • Natuurlik is kernwapens ’n bestralingsrisiko – dink net aan die atoombomme wat teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog op Japan laat val is. Baie mense het in die ontploffing gesterf en baie het later weens bestraling beswyk, maar mense kry ook nou nog kanker omdat hulle toe blootgestel is.
  • Ongelukke by kernkragstasies veroorsaak partykeer dat radioaktiwiteit ontsnap. Mense wat in so ’n ongeluk bestraal word, loop die risiko om te sterf, of om later kanker te kry.
  • Gewone mediese х -strale maak nie ’n groot verskil aan die meeste mense se daaglikse blootstelling aan radioaktiwiteit nie. Dit is egter slim om nie onnodig х -strale te laat neem nie. Net ná die ontdekking van х -strale was dit ’n groot nuwigheid en mense het min omgegee oor hulle blootstelling. Dit is nou amper onmoontlik om dit te begryp – maar hulle het doodgewoon nie die risiko’s verstaan nie.

2 Elke keer as jy reis, neem jy meer risiko’s. Ongelukke gebeur dikwels. Maar daar is groot verskille in die risiko van die verskillende soorte vervoer. Passasiersvliegtuie is besonder veilig, maar motorvoertuie is heelwat erger. Hierdie soort risiko word soos volg bereken: Deel die aantal mense wat in ’n sekere tydperk sterf deur die totale aantal kilometers wat al die passasiers gereis het, vermenigvuldig met die aantal passasiers. Hierdie verhouding is sterftes per persoon-kilometer . Hierdie waarde is hoër vir motorkarre as vir vliegtuie en daarom kan ons sê dat dit veiliger is om te vlieg as om in ’n motor te reis.

  • Baie mense glo dat lugreise baie onveilig is. Een van die redes hiervoor is dat ’n vliegongeluk baie sterftes kan veroorsaak terwyl daar gewoonlik min mense in ’n motorongeluk kan sterf. ’n Mens moet egter onthou dat daar relatief min vliegtuigongelukke is, maar mense sterf daagliks in motorongelukke. Daarom is die sterftes per persoon-kilometer die regte manier om hulle te vergelyk. Terloops, motorfietsryers loop ’n nog groter risiko as motorpassasiers.
  • As jy jou voertuig wil laat verseker, sal jy sien dat versekeraars hierdie risiko-syfers in ’n ernstige lig beskou. Hulle weet ook dat mense in sekere ouderdomsgroepe ’n groter risiko loop. Daarom is die premies vir jong mans heelwat hoër as dié vir ou tannies.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask