<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

DORP TOE

Module 29

DIE KLEREWINKEL

Aktiwiteit 1

Om ‘n taalspeletjie te speel [LU 2.4.4]

As ek dorp toe gaan

('n Mondelinge speletjie)

Die leerders staan in 'n sirkel. Een leerder hou 'n bal in sy/haar hande vas en begin met die sin : "As ek dorp toe gaan ..." Hy/sy las 'n deel by die sin en bons die bal na 'n maat wat die bal vang. Hierdie leerder moet dan weer met : "As ek ……….” begin en die sin voltooi. Die bal word weer na 'n volgende maat gebons om nog 'n sin by te voeg, soos in die voorbeeld.

Voorbeeld

Eerste leerder : As ek dorp toe gaan, gaan ek bakkery toe.

Tweede leerder : As ek bakkery toe gaan, gaan ek 'n brood koop.

Derde leerder : As ek 'n brood koop, gaan ek dit rooster.

Vierde leerder : As ek dit rooster, gaan ek dit eet.

Indien 'n leerder vashaak, moet hy die bal na 'n maat bons en dan uit die sirkel tree.

Kyk watter leerder in die spel oorbly!

HOE HET EK DIE SPELETJIE GEVIND?

Onderstreep een of meer beskrywing.

Die speletjie was (maklik, moeilik, genotvol, vervelig, interessant, leersaam, prettig, oninteressant).

Aktiwiteit 2

Om byskrifte in die meervoud te skryf [LU 4.1.1, 6.2.6]

DIE TWEELING KOOP KLERE

('n Skriftelike aktiwiteit)

Mamma neem die tweeling klerewinkel toe. Hulle trek altyd eenders aan en daarom moet Mamma twee of meer van elke kledingstuk koop.

Kyk na die prentjies om te sien wat Mamma alles moet koop. Skryf die ontbrekende woorde langs die getalle neer. Maak gebruik van die woorde tussen hakies onderaan die bladsy.

ONTHOU : As 'n woord 'n kort klinker het, verdubbel die medeklinker.

As 'n woord 'n lang klinker het, val een van die klinkers weg.

twee ............................

twee ..............................

vier ................................

twee ...............................

vier .................................

twee ...............................

( knoop, rok, sweetpak, pet, trui, sandaal)

ASSESSERING VAN MEERVOUDE

  • Ek ken die spelreëls vir meervoude.
  • Ek het die spelreëls toegepas.
  • Ek het netjies en korrek geskryf.
  • Ek het nog hulp nodig.
  • Ek moet die spelreëls weer by die huis gaan leer.
  • Ek moet die toepassing van die spelreëls nog inoefen.
  • Ek moet onthou om my woorde te kontroleer.

Aktiwiteit 3

Om voegwoorde in sinne te gebruik [LU 6.2.13]

By die klerewinkel

('n Skriftelike aktiwiteit)

  • Kom ons skryf langer sinne.
  • Hier volg pare sinne wat saamgevoeg kan word om een lang sin te maak.
  • Maak gebruik van die woord tussen hakies om die sinne saam te voeg. Probeer dit eers mondelings in julle groepies.

Byvoorbeeld : Ek wil 'n nuwe rok koop. My ou rokke is almal uit die mode.

( want )

Ek wil 'n nuwe rok koop, want my ou rokke is almal uit die mode.

Ek moet nuwe skoene kry. My ou skoene druk my tone. ( omdat )

Ek moet nuwe skoene kry, omdat die ou skoene my tone druk.

ONTHOU OM ‘N KOMMA VOOR “WANT” EN “MAAR” TE SIT.

As omdat gebruik word, verander die volgorde van die tweede sin.

Die winkel het die prys van hul klere verminder. Hulle kon dit nie verkoop nie. ( omdat )

Elke seisoen is daar nuwe klere. Die modes verander. ( want )

My ma neem vir my om klere te koop. Ek mag nie te veel geld spandeer nie. ( maar )

Pappa het vir hom ‘n nuwe baadjie gekoop. Hy het vir hom ‘n paar nuwe skoene gekoop. ( en )

Probeer om hierdie sinne op jul eie saam te voeg.

(i) Mamma het vir my 'n trui gekoop. Ek wil dit nie dra nie. (maar)

......................................................................................................

......................................................................................................

(ii) Pappa het vir homself 'n das gekoop. Hy het vir Boetie 'n langbroek gekoop. (en)

.....................................................................................................

.....................................................................................................

  1. Ek het 'n nuwe hemp gekoop. My ou hemp is te klein. (want)

....................................................................................................

....................................................................................................

(iv) Ek moet 'n pet koop. Die son skyn in my oë. (omdat)

....................................................................................................

....................................................................................................

Opvoeder assesseer: (punt) ...............................................................

Assessering

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.4 die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse gebruik:

  • speel ‘n speletjie wat taal betrek.

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.1 byskrifte by eenvoudige kaarte teken en skryf.

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: rok/rokke; appel/appels; boekie; skoentjie; man/vrou; seun/meisie);

6.2.13 voegwoorde: en, maar, want.

Memorandum

Aktiwiteit 2

  • rokke
  • truie
  • knope
  • pette
  • sandale
  • sweetpakke

Aktiwiteit 3

(i) Mamma het vir my ‘n trui gekoop, maar ek wil dit nie dra nie.

(ii) Pappa het vir homself ‘n das gekoop en hy het vir Boetie ‘n langbroek gekoop.

(iii) Ek het ‘n nuwe hemp gekoop, want my ou hemp is te klein.

(iv) Ek moet ‘n pet koop, omdat die son in my oë skyn.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask