<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 18

Musiek: slaginstrumente

Slaginstrumente

Aktiwiteit

Om instrumente te identifiseer [lu 2.4, 2.5]

DIE FOSSIELE

Voltooi eers:

  • Maatslag
  • Tempo
  • Is die instrumenteklank hoog en/of laag?
  • Watter ander instrumente is daar?
  • Beskryf wat jy hoor.

Om die geratel van die geraamte uit te beeld, gebruik die komponis die xilofoon .

Hoe lyk die xilofoon?

Die xilofoon is ‘n slaginstrument en word met ligte hamertjies getik

Dit bestaan uit ‘n reeks langwerpige houtblokkies van verskillende groottes

Plak hier ‘n prentjie of maak ‘n tekening van ‘n xilofoon:

Hoe word klank voortgebring op die xilofoon?

Om klank voort te bring word met ligte hamertjies op die houtblokkies getik.

Verskillende hamertjies word gebruik vir verskillende toonkleure, bv. hout, rubber en vilt.

Hoe korter en dikker die houtblokkies is, hoe hoër is die klank; hoe langer en dunner die blokkies is, hoe laer is die klank.

Die toonhoogte : Die note van die xilofoon is redelik hoog.

8. 9. 10. 11.
  • Jou opvoeder gaan nog DRIE voorstellings van “diere” uit hierdie komposisie voorspeel.
  • Kies die regte diere by die musiek en voltooi die tabel:
Diere Tempo Instrument/e
Snit 1 Henne en Hane
Snit 2 Donkies
Snit 3 Kangaroes
Snit 4 Visse

Beskryf die diere volgens wat jy hoor. Wat doen elk?

Assessering

LEERUITKOMS 2: REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.4 maatslae soos vier-vier en drie-vier kan herken;

2.5 na musiekinstrumente luister en hulle kan identifiseer in terme van voorkoms, naam, wyse van klankproduksie, timbre en algemene toonhoogteklassifisering (hoog-laag).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask