<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 7

Prosessering: tekstiele

Module 16

Waarom dra mense verskillende kledingstukke?

Inleiding

Soos voedsel, is kleding een van die mens se belangrikste basiese behoeftes. Ons gaan in hierdie module die tekstielbedryf ondersoek en die proses volg, vanaf die eenvoudige vesel wat in die vervaardiging van stowwe gebruik word, tot die finale kledingstuk wat jy sal aantrek.

Waarom dra mense verskillende kledingstukke?

Verskillende kledingstukke het verskillende funksies. Kom ons kyk na die tipiese uitrusting wat Serena en Venus Williams dra wanneer hulle tennis speel.

Opdrag 1:

LU/AS 1.1
  1. Maak ‘n lys van hul kledingstukke:
  2. Is elke kledingstuk geskik vir sy funksie?
  1. Wat maak dit geskik vir sy funksie?
  2. Watter probleme sou hulle ervaar, indien hul tennisrokke van dieselfde materiaal as hul sweetpakke gemaak was?
  3. Bestudeer die volgende kledingstukke en beantwoord die vrae:
  • Doel(waarvoor word dit gebruik?)
  • Eienskappe wat belangrik is vir die doel (bv. waterdig)
  • Van watter soort stof is dit waarskynlik gemaak?

Ja, verskillende geleenthede en verskillende klimaatstoestande vereis dus dat ons verskillende tipes kledingstukke dra. Alle kledingstukke word van verskillende soorte tekstiele gemaak. Wat is tekstiele?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek :
Ondersoek :1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie, en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n plaaslike konteks gegee word, ondersoek;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask