<< Chapter < Page Chapter >> Page >
Nuwe woorde:
hongersnood - famine oorlog - war
tekort - shortage slagvelde - battlefields
siektes - diseases armoede - poverty
droogtes - drought uitvoer - export
vloede - floods vernietig - destroy
verbou - grown

Begripstoets

Wat is Hongersnood?

Hongersnood is ‘n ernstige tekort aan voedsel. Daar is miljoene mense in die wêreld wat nie genoeg kos het om te eet nie en daarom kan hul nie gesond bly nie. Hulle word swakker en sterf uiteindelik as gevolg van ondervoeding of siektes.

Daar is drie dinge wat hongersnood veroorsaak. Soms is dit een, twee, of al drie wat tegelykertyd hongersnood veroorsaak. Kom ons kyk na die drie oorsake afsonderlik.

Die weer

Die meeste mense dink droogtes veroorsaak dat gesaaides nie kan groei nie, omdat daar nie reën is nie. Hulle vergeet dat vloede net so skadelik is. Vloede kan gesaaides wegspoel en so vernietig.

Oorlog

Oorlog verander dikwels die boere se plase in slagvelde. Die boere kan nie saai of oes nie, of hulle vlug van hulle plase af om die gevegte te vermy.

Armoede

In die arm lande is kos baie duur. Mense is te arm en het nie geld om die duur kos te koop nie. Dikwels is daar nie kos om te koop nie, want die voedsel wat in dié lande verbou word, word uitgevoer.

Kyk na die kaart. Op hierdie kaart word die wêreld verdeel met die dik streep. Die lande bokant die streep is die lande van die Noorde. Hulle is die ryk lande. Die lande onder die streep is die lande van die Suide. Baie van hierdie lande is arm.

Hoewel daar hongersnood in die lande van die Noorde kan voorkom, is dit in baie van die lande in die Suide waar hongersnood voorkom.

Beantwoord nou die volgende vrae:

Kies die korrekte woorde tussen hakies en skryf hulle neer:

  • Hongersnood is ‘n (tekort, oorvloed, vermorsing) aan voedsel.
  • Die mense sterf as gevolg van (oorvoeding, ondervoeding, aarvoeding).
  • Daar is gewoonlik (twee, vier, drie) oorsake vir hongersnood.
  • Een van die oorsake is die (wind, son, weer)

(4 x ½) = 2

  1. Die volgende stellings is ONWAAR. Skryf hulle oor sodat hulle WAAR sal wees.
  1. Gedurende droogtes reën dit te veel.
  1. Vloede laat gesaaides verdroog

(2)

  1. Vul die ontbrekende woorde in:

____________verander boere se plase in slagvelde.

Boere kan nie____________of_________ en daarom is daar nie

kos nie. Die ___________ veroorsaak ook dat hulle hulle plase verlaat.

(4 x ½) = 2

  1. Skryf sinne om die volgende vrae te beantwoord:
  1. Hoekom kan die mense in die armer lande nie kos koop nie?
  1. Hoekom is daar dikwels nie kos in hierdie lande nie?

(2)

  1. Kyk na die kaart.
  1. Is Australië ‘n ryk land of ‘n arm land? (Skryf slegs die antwoord)
  1. Noem enige vasteland waar arm lande voorkom.

(2)

TOTAAL: 10

Assessering deur opvoeder

LU 3.4.1

Sinonieme

Julle het nou gelees van voedsel en van kos. Hierdie twee woorde het dieselfde betekenis. ‘n Mens kry in elke taal woorde wat dieselfde beteken. ‘n Mens kan dit ook sinonieme noem.

Soek die woorde in B wat dieselfde betekenis as die woorde in A het en verbind hulle.

A B
vader eensaam
kos gesin
vriend present
lorrie pa
snaaks voedsel
alleen ma
praat gelukkig
familie maat
geskenk vragmotor
moeder gratis
verniet gesels
bly komies
LU 6.6.2

Mondeling

Hierdie twee kinders ly aan siektes weens ernstige tekorte aan voedsel. Ons noem hierdie siektes dieetafwykings (eating disorders).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask