<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hier is weer ’n gedeelte van die frekwensietabel van ouderdomme van broers en susters.

Ouderdom <1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Totaal susters 8 6 10 9 3 7 9 4 6 2 6 5 9 7
Totaal broers 6 3 9 7 2 4 9 5 6 8 6 7 4 7
Totaal 14 9 19 16 5 11 18 9 12 10 12 12 13 14

Die beste manier om hierdie gegewens grafies voor stel is, ’n staafgrafiek.

2 Staafgrafieke

Hierdie staafgrafiek is baie duideliker as die grafiek met die punte. Die horisontale as wys die ouderdomme, en die hoogte van die stawe wys die frekwensies.

Let asseblief op dat al die stawe dieselfde breedte het – anders word ons dalk onder die valse indruk gebring dat sekere feite meer belangrik is as die res.

In die volgende staafgrafiek maak ons onderskeid tussen die seuns en die meisies, maar omdat die stawe gestapel is, wys die hoogte van die staaf steeds die totaal.

Daar is verskeie manier om staafgrafieke te teken; hier is nog een met die stawe vir seuns en meisies langs mekaar. Skryf ’n paar sinne oor hierdie drie grafieke, en sê watter een (na jou mening) die inligting die beste weergee.

3 Histogramme

  • Die uitgewers van ’n sekere tienertydskrif wou uitvind hoe oud hulle lesers is. Hulle het die ouderdomme gevra van elkeen wat die tydskrif by ’n inkopiesentrumkiosk gekoop het. Die ouderdomme waaruit die mense kon kies, was soos volg:
  • Onder 5
  • Van 5 tot 8, maar nog nie 8 nie
  • 8 jaar oud
  • 9 jaar oud
  • Ouer as 9 maar jonger as 10 jaar en 6 maande
  • Ouer as 10½ jaar maar nog nie 11 nie
  • Ouer as 11 jaar maar nog nie 11½ nie
  • Ouer as 11½ jaar maar nog nie 12 nie
  • Ouer as 12 jaar maar nog nie 12½ nie
  • Ouer as 12½ jaar maar nog nie 13 nie
  • Ouer as 13 jaar maar nog nie 13½ nie
  • Ouer as 13½ jaar maar nog nie 14 nie
  • Ouer as 14 jaar maar nog nie 15 nie
  • Tussen 15 en 16
  • Tussen 16 en 18
  • Tussen 18 en 20
  • Onder 25
  • 25 tot 60

Hier is die eerste deel van die tabel wat uit die data saamgestel is:

Ouderdom
0 5 8 9 10 10,5 11 11,5 12 12,5 13 13,5 14 15 16 18 20
<5 <8 <9 <10 <10,5 <11 <11,5 <12 <12,5 <13 <13,5 <14 <15 <16 <18 <20 <25
Frekwensie 0 2 2 3 1 2 2 4 2 3 5 2 1 2 2 0 1

Hieronder is die histogram van die gegewens in die tabel. ’n Histogram lyk nogal soos ’n staafgrafiek, maar daar is nie spasies tussen die stawe nie, en die wydte van die stawe hang af van die groottes van die intervalle .

  • Die tabel wys dat die ouderdomsintervalle verskil; die eerste interval is vyf jaar, die volgende drie jaar, ensovoorts. Vul die ontbrekende intervalle op die grafiek self in.
  • Die inligting oor die lengtes van leerders het slegs 1cm-intervalle gehad – en dus was ’n staafgrafiek ’n goeie keuse.
  • Dis maklik om te fouteer en ’n staafgrafiek te teken waar dit ’n histogram moes wees omdat die intervalle verskil – maak seker dat jy die intervalgroottes elke keer nagaan.

4 Sirkelsektordiagramme

  • Die oppervlaktes van die sektore hou verband met waardes wat daardeur voorgestel word.

Hier volg ’n paar voorbeelde.

  • In die tabel is inligting oor die eetgewoontes van leerders by ’n sekere hoërskool. Hulle het ’n kort vraelys voltooi, en die tabel is daaruit saamgestel.
Geen ontbyt tuis Ontbyt tuis Het ontbyt skool toe gebring Middagete tuis Het middagete skool toe gebring Het middagete by die snoepie gekoop Ekstra eetgoed skool toe gebring
82 357 141 54 406 120 227

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask