<< Chapter < Page Chapter >> Page >

As gevolg van die waterskaarste in die RSA word mens, plant en dier in hulle groei beperk. Planne moet dus gemaak word om hierdie probleem aan te spreek.

Reënvalverspreiding in Suid-Afrika

Groot dele met gebrekkige bogrondse water

3. Oplossings vir die waterskaarste van die RSA

Ondergrondse water

Dit is ‘n bekende feit dat 90% van die RSA se reënval óf verdamp, óf wegloop na die see. Reënwater wat wel insak (insyfer), vergader onder die oppervlakte in die grond. Dit word dan ondergrondse of grondwater genoem. Die water versamel weer in ondergrondse riviere wat are genoem word. Soms kom dit op natuurlike wyse by die aardoppervlak uit in die vorm van fonteine.

Die mens gebruik ondergrondse water deur boorgate te sink of putte te grawe tot in hierdie ondergrondse waterare. ‘n Windpomp of ‘n kragpomp word dan gebruik om die water na bo te pomp. Ons sien dit veral op plase in die Karoo. Die water word vir drinkwater en besproeiing gebruik. Die water word opgegaar in plaasdamme wat bo-op die grond staan, langs die windpomp. Aan die buitekant van die dam is daar gewoonlik ‘n suipbak vir die skape en/of die beeste.

Figuur 2: ‘n Windpomp met ‘n plaasdam

Daar moet daarteen gewaak word dat nie te veel ondergrondse water uitgepomp word nie, anders daal die vlak van hierdie water (die watertafel genoem), met verdere nadelige gevolge.

Besproeiing

Wat is besproeiing? Dit is die lei van water deur middel van mensgemaakte vore, kanale of pype. Dit verhoog die produktiwiteit van die grond. Dit beteken dat daar meer en beter produkte gelewer kan word as wanneer die grond nie besproei word nie.

Boere gebruik verskillende metodes van besproeiing.

  • Vloedbesproeiing

Dit geskied wanneer water vanuit plaasdamme in leivore na die landerye gelei word. Daar word dit dan uitgekeer om ‘n stuk grond te oorstroom sodat die aangeplante gewasse kan nat word.

  • Sprinkelbesproeiing

Water word met pype uit die plaasdam gepomp. Die pype word ongeveer ‘n meter bo die grond op wiele vasgemaak en rondbeweeg. Sprinkelkoppe aan die pype laat die water dan soos reën oor die landerye spuit.

  • Drupstelsel of Mikrobesproeiing

Dun plastiekpype word op die grond aangelê. Druppers waaruit die water direk op die plant drup of spuit, word hieraan aangebring. Dit word ook meestal deur rekenaars beheer.

Bewaring van water

Omdat ons land so droog en warm is, is dit belangrik dat reënwater opgegaar moet word gedurende die reënseisoen. As dit nie gebeur nie, vloei die reënwater nutteloos weg na die see. Daarom is daar groot opgaardamme in die groot riviere gebou.

Die bou van so ‘n opgaardam is ‘n lang en duur proses. Dit word gewoonlik gebou waar ‘n rivier deur ‘n heuwelagtige gebied vloei, sodat ‘n hoë damwal tussen die twee heuwels gebou kan word. Hierdie damwal is ‘n groot halfmaanvormige muur waarin sluise aangebring word om die water deur te laat wanneer dit nodig word. As die sluise toe is, dam die water agter die damwal op en stoot vir kilometers in die rivier op. Ongelukkig maak modder en slik die damme gou vlakker.

Besproeiingsplase is gewoonlik nie baie groot nie en die boere bly dus naby mekaar. So ‘n gebied rondom ‘n besproeiingsdam word ‘n besproeiingskema genoem. Die boere daar kan hulle landerye twaalf maande van die jaar besproei, drie oeste per jaar lewer en sodoende die risiko van droogtes vryspring.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask