<< Chapter < Page Chapter >> Page >

3.6 Hoe lyk die verspreiding van rykdom in die wêreld – m.a.w. watter breuk van die wêreldbevolking besit, sê, die helfte van die wêreldrykdom?

AKTIWITEIT 2

Om verskeie metodes van data-insameling te verken

[LU 2.2, 5.2]

Dit was maklik om inligting te bekom in ons navorsing oor die selfone en sport-deelname. Maar partykeer moet ’n mens effens harder werk.

1 As iets getel moet word (byvoorbeeld, die aantal linkshandiges in die skool), is die maklikste om ’n tabel met merkies te maak.

  • Hieronder is ’n tabel vir inligting oor die ouderdom en geslag (manlik of vroulik) van jou en jou broers en susters. Vir elke suster maak jy ’n merkie in die “susters”-ry onder die gepaste ouderdom. Vir elke broer doen jy dieselfde in die “broers”-ry. Moenie van jouself vergeet nie! Elke leerder in die klas doen dit ook. Elke keer as jy by die vyfde merkie kom, plaas jy dit oor die vorige vier sodat jy hulle makliker kan tel om die totale aan die einde te verkry. Die eerste tabel is vol denkbeeldige inligting – gebruik die tweede vir jou klas.
Ouderdom <1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 >13
Susters //// /// //// / //// //// //// //// /// //// // //// //// //// //// / // //// / //// //// //// //// // //// ////
Broers //// / /// //// //// //// // // //// //// //// //// //// / //// /// //// / //// // //// //// // //// /
Totaal susters 8 6 10 9 3 7 9 4 6 2 6 5 9 7 10
Totaal broers 6 3 9 7 2 4 9 5 6 8 6 7 4 7 6
Ouder­dom <1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 >24
Susters
Broers
Totaal susters
Totaal broers
  • Die getalle in die twee onderste rye is die frekwensie van voorkoms van verskillende ouderdomme. ’n Frekwensietabel gee die frekwensieverspreiding van die eienskap onder bespreking.
  • Dit is duidelik dat die tabelle in die selfoon- en sportoefeninge ook frekwensietabelle is.

2 Vraelyste word gebruik vir die insameling van inligting wat te kompleks is vir merkies en frekwensietabelle.

  • Dalk word jy in ’n winkelsentrum voorgekeer vir ’n onderhoud oor jou tandepasta-en flosgewoontes.
  • Hier is die soort vrae wat dalk op die vraelys mag voorkom:
  • Gebruik jy tandepasta nooit, een keer, twee keer of meer as twee keer per dag?
  • Koop jy ’n nuwe tandeborsel elke week, elke maand of elke jaar?
  • Flos jy jou tande gereeld of slegs wanneer daar kos tussen jou tande vassit?
  • Verkies jy gegeurde tandepasta?
  • Hou jy van gekleurde tandepasta?
  • Gaan jy gereeld tandarts toe, of net in noodgevalle?
  • Hoeveel stopsels het jy?
  • Is daar al van jou tande getrek?
  • Bespreek in klein groepies die moontlike redes waarom iemand hierdie inligting sou wou hê.
  • Baie vraelyste kom voor in koerante en tydskrifte. Partykeer is dit net pret, en mens kan dit ontleed en die antwoorde dadelik lees. Maar party mag ernstig wees en moet teruggepos word. Dikwels word mense aangemoedig om dit terug te stuur deur ’n geskenk of ’n prys aan te bied. Baie mense hou nie daarvan om vraelyste in te vul nie, en het aanmoediging nodig, maar ander vind dit groot pret en gee nie om om behulpsaam te wees nie.

3 Eksperimente is nog ’n manier om inligting te bekom.

  • Mediese navorsers gebruik dikwels hierdie metode. Hulle het dalk ’n nuwe behan­deling ontwikkel en wil nou graag uitvind of dit beter is as die vorige behandeling, dieselfde, of slegter. As hulle weet dat dit veilig is (partykeer is hulle nie eers seker hieroor nie) kan hulle toestemming vra by die toepaslike regeringsdepartement om dokters toe te laat om die nuwe medisyne voor te skryf. Die dokters vul dan ’n vraelys in oor die effek op hulle pasiënte vir die navorsers om te bestudeer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask