<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Die aarde en daarbuite

Die sterre

Opvoeders afdeling

Memorandum

Opdrag 4:

  • Afgeleë gebiede
  • Nie toegang tot koerante, tydskrifte, TV en radio nie.
  • Besit nie ‘n kalender / almanak nie.
  • Dalk totaal ongeletterd
  • Glo nog in die tradisies en gewoontes van die voorvaders
  • ANDER MOONTLIKHEDE

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om vas te stel hoe afrika-volke die stand van sterre tot hulle voordeel gebruik het [lu 3.1]

  • Die Vendavolk sien die Suiderkruis en aanwyser-sterre as kameelperde. In Oktober verskyn die kameelperdsterre net na sononder op die horison om die mense te herinner dat dit tyd is om klaar te maak met die plantery.
  • Die Xhosas wag ook vir die verskyning van die Suiderkruis voordat hulle begin saai. Die konstellasie verskyn eers teen die einde van die winter. Wanneer dit verskyn, weet hulle dat dit tyd is om die landerye te ploeg.
  • Die Tswanavolk vertel dat ‘n krokodil elke aand die son insluk en soggens weer uitspoeg.
  • Die Chinese het weer geglo dat ‘n sonsverduistering plaasvind wanneer ‘n draak die son probeer insluk. Op sulke tye het hulle geskree en op tamboere geslaan om die draak te verwilder.

OPDRAG 4

  • Verklaar waarom sommige Afrika-volke op die konstellasies moet staatmaak om te bepaal wanneer dit planttyd is. Probeer ten minste drie redes verskaf.

1.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .

Assesseringstandaard 3.1: Dis duidelik wanneer die leerder wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask