<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 16

Musiek: strykinstrumente

Strykinstrumente

Aktiwiteit

Om instrumente te identifiseer [lu 2.4, 2.5]

DIE SKILPAAIE

Voltooi eers:

  • Maatslag
  • Tempo
  • Is die instrumenteklank hoog en/of laag?
  • Beskryf wat jy hoor.

Om die skilpaaie uit te beeld, gebruik die komponis strykinstrumente.

Hoe lyk die strykinstrumente?

Kyk na die skets van die skilpaaie. Daar is VIER verskillende strykinstrumente:

Viool

Altviool

Tjello

Kontrabas

Hierdie vier instrumente vorm die strykinstrumente. Strykinstrumente bestaan uit ‘n houtkas en vier snare. Die snare word met ‘n strykstok bespeel.

Strykinstrumente word met groot sorg vervaardig. Al die houtdele word aanmekaar vasgegom en daar word geen spykers of skroewe gebruik nie. Hierdie groep instrumente wissel in grote: Hoe groter die instrument, hoe laer die klank; hoe kleiner die instrument, hoe hoër die klank.

(Vergelyk met groot en klein diere: ‘n muis is klein, sy klank is hoog; ‘n olifant is groot, sy klank is laag.)

Plak prentjies of maak tekeninge van die vier strykinstrumente.

Hoe bring ons klank voort op die strykinstrumente?

Sodra ‘n mens die strykstok oor die snaar stryk, vibreer die snaar. Dit veroorsaak klank! Hoe langer die snaar is, hoe laer is die klank; hoe korter die snaar, hoe hoër is die klank. Om die snare korter of langer te maak, word die linkerhand hoër op of laer af op die snare gedruk.

In plaas van die strykstok te gebruik, kan die snare ook gepluk word met die regterhand. Dit veroorsaak kort klanke.

Die toonhoogte van die strykers:

Viool: hoog

Altviool: redelik hoog

Tjello: redelik laag

Kontrabas: laag

Rangskik die strykinstrumente soos volg:

1. van klein na groot

2. van hoog na laag.

Watter afleiding kan jy maak?

STRYKINSTRUMENTE

1. Klein na groot
2. Hoog na laag
AFLEIDING:

Assessering

LEERUITKOMS 2: REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.4 maatslae soos vier-vier en drie-vier kan herken;

2.5 na musiekinstrumente luister en hulle kan identifiseer in terme van voorkoms, naam, wyse van klankproduksie, timbre en algemene toonhoogteklassifisering (hoog-laag).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask