<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 4

Hulpbronne en dienste in ‘n nedersetting

Module 18

Munisipale dienste

Munisipale dienste

‘n Verskeidenheid dienste word deur die plaaslike regering (munisipaliteit) aan ‘n gemeenskap gelewer. Kan jy dalk aan dinge dink wat die munisipale werkers in jou omgewing op ‘n gereelde basis doen?

Aktiwiteit 1

Om vas te stel watter dienste mense van ‘n munisipale owerheid verwag

[lu 2.2, 2.3]

Verdeel julle klas in ‘n aantal werkgroepe en onderneem ‘n MENINGSOPNAME onder VOLWASSE PERSONE waarmee julle probeer vasstel wat mense se verwagting van ‘n plaaslike owerheid is. Maak seker dat julle mense met 'n lae, gemiddelde sowel as ‘n bo-gemiddelde inkomste ondervra.

Sluit vrae soos die volgende in:

  • Noem VIER REDES waarom jy eerder in ‘n STEDELIKE GEBIED as op die platteland wil bly.
  • Watter VIER DIENSTE is na jou mening die BELANGRIKSTE wat die munisipaliteit moet lewer?
  • Watter dienste van die munisipaliteit is na jou mening OORBODIG?
  • SLUIT OOK ‘N VRAAG OF TWEE VAN JUL EIE KEUSE IN.

Maak nou ‘n lys van ten minste ses dienste wat mense van hul plaaslike munisipaliteit verwag.

D ie dienste in ‘n goed beplande stad of groot dorp

Aktiwiteit 2

Om te bepaal watter dienste die belangrikste is [lu 3.2, 3.3]

Behuising
Elektrisiteitsverskaffing
Grond vir opvoeding
Nywerheidsgrond
Ontspanningsgebiede
Riolering
Rommelbestuur
Sakesentrums
Vervoerdienste
Watervoorsiening
Hou gou ‘n GROEPBESPREKING en besluit op die belangrikheid van elkeen van die volgende dienste. Skryf dan die rangorde (1 belangrikste tot 9) in die blokkies.‘n Woordvoerder van elke groep moet dan die DRIE BELANGRIKSTE dienste en die ONBELANGRIKSTE een uitwys en sy groep se keuse MOTIVEER.

Assessering

LEERUITKOMS 2: AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

2.2 die belangrikheid beskryf van toegang tot hulpbronne en dienste;

  • kan beskryf hoe daar in die verlede in basiese menslike behoeftes voorsien is en hoe dit in die hede gebeur [mense en omgewing].

LEERUITKOMS 3: VERKENNING VAN VRAAGSTUKKE

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

3.2 faktore identifiseer wat veroorsaak dat sommige mense in ‘n spesifieke konteks groter toegang tot hulpbronne het as ander;

3.3 voorstelle maak oor hoe toegang tot hulpbronne in ‘n spesifieke konteks verbeter kan word.

Memorandum

Munisipale dienste

  • Vullisverwydering
  • Paaie bou en herstel
  • Parke
  • Gras sny op sypaadjies
  • Strate vee

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask