<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Van al die diere was dassie die minste lus vir die klim teen die berg op. Hy wou darem veel eerder in die sonnetjie lê. Hy besluit toe om so halfpad teen die berg op ‘n klip te gaan sit en kyk hoe die diere met hulle nuwe sterte lyk as hulle afkom.

Dit was ook nie lank voor van die diere teen die berg begin afkom het nie. Jakkals was baie trots op sy pragtige stert. Hy het dit voor dassie gewaai en gewag dat dassie dit moes bewonder. Ook luiperd het baie van sy sterk stert met die kolle op gehou. Een na die ander het die diere begin afkom. Buffel, leeu, sebra, renoster, seekoei en al die ander diere. Dassie het gelê soos hy lag vir hasie en olifant se kort stertjies. Ook kameelperd het vir dassie baie snaaks gelyk met sy kort stertjie en lang nek. “En wat van jou, Dassie,” het kameelperd gebrom. “Wanneer gaan jy ‘n stert kry?”

Skielik het dassie geskrik. Die mooi lang sterte was lankal op. Hy sou moes hardloop om selfs ‘n kort stertjie te kry.

Maar dassie was te laat. Teen die tyd dat hy bo-op die berg gekom het, was daar glad nie meer sterte oor nie. Nie eens een ou klein stertjie nie.

Dassie moes maar druipstert omdraai. En van daardie dag af moes dassie maar tussen die klippe wegkruip, want die ander diere het altyd gelag as hulle hom so sonder ‘n stert sien.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees die gediggie. Kan julle bewegings by die woorde sit?

In die bos is almal bly

Makkie het sy stert gekry.

Almal het so lank gesoek

om elke draai en elke hoek.

Dis nou tyd om fees te vier

in die bos, ja sommer hier!

Klap jul hande almal saam

maak nie saak wat is jou naam!

Spring dan hoog op in die lug.

Vandag moet jy nie een keer sug!

Sit jou hande in jou sy,

dans dan sommer, ons is bly!

LU 2.3 LU 3.4
  • Knip die prente uit en pas die diere by hul sterte.
  • Knip die prente uit en pas die diere by hul sterte.
LU 5.3
  • Kyk na die prente. Omkring die verskille wat jy sien.
LU 5.3
  • Kies die regte klankie om die woord te bou.
LU 1.6
  • Lees die storie en teken die prent.

Willie wil met sy skopfiets gaan ry. Sy skopfiets is weg. Willie soek en soek. Hy soek in die boomhuis. Hy soek op die grond. Hy kan sy skopfiets nêrens kry nie. Makkie help vir Willie. Hulle kan nie die skopfiets kry nie. Hier kom Kassie aan. Kassie het Willie se skopfiets. Almal is baie bly.

LU 3.4

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder sing, resiteer, mimiek en liedjies, gedigte en rympies opvoer.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask