<< Chapter < Page Chapter >> Page >

VOORBEELDE:

  • besluit – Ons het besluit om te gaan draf.
  • gebruik – Hy he t min bestanddele gebruik.
  • herhaal – Mnr. Nel het die instruksies herhaal.
  • erken – Ek het dadelik erken dat ek verkeerd was.
  • ontmoet – Hulle het die sportster ontmoet.
  • verstaan – Hy het die opdrag verstaan.
  • misbruik – Julle het hom net misbruik.

ONTHOU:

is word was – Sy is siek. – Sy was siek.

is word sal wees – Ek is bly. – Ek sal bly wees .

het word het gehad – Hy het nuwe skoene. – Hy het nuwe skoene gehad.

het word sal hê – Hy het nuwe skoene. – Hy sal nuwe skoene hê.

BAIE BELANGRIK:

‘n Werkwoord + Voorsetsel word aanmekaar geskryf in die toekomende tyd:

Ek tel die boek op .

Ek sal die boek optel.

‘n Werkwoord + Voorsetsel word aanmekaar geskryf met ’n -ge- tussen die twee dele in die verlede tyd.

Ek tel die boek op .

Ek het die boek opgetel.

ONTHOU JULLE NOG?

In die verlede tyd verander die volgende hulpwerkwoorde:

moet moes wil wou

kan kon sal sou

Skryf nou die volgende sinne eers in die verlede tyd oor en daarna in die toekomende tyd.

Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd
  1. Ek is moeg.
  1. Hy hardloop vinnig.
  1. Hulle het sterk spiere.
  1. Sy pak haar sportklere in.
  1. Jy ontvang ‘n goue medalje.
  1. Hy gedra hom.
  1. Ek moet luister.
  1. Ons kan swem.
  1. Hulle maak die deur toe.
  1. Hulle wil speel.
LU 6.1

SELFASSESSERING: TYE VAN DIE WERKWOORD

Merk af (jy kan selfs later weer afmerk)

 Ek verstaan nie verlede of toekomende tyd nie.

 Ek verstaan net een van die twee tye, naamlik (verlede/toekomende) tyd.

 Ek is nog onseker en het hulp nodig.

 Ek verstaan die werk, maar moet nog op my eie oefen, want ek neem lank om die sinne te skryf.

 Ek verstaan die werk en kan die sinne skryf, maar maak nog onnodige foute.

 Ek voel ek verstaan die werk en kan dit doen nadat ek dit geoefen het.

 Ek kan tye van die werkwoord met gemak doen, sonder enige hulp.

Mondeling

INSTRUKSIES

Jy het ‘n keuse:

  1. Gee instruksies vir ‘n reeks oefeninge.
  2. Gee instruksies hoe om ‘n sekere resep voor te berei.

Jy moet weer saam met ‘n maat werk. Vir die reeks oefeninge moet jou maat gemaklike klere aantrek. Jou instruksies moet duidelik wees sodat jou maat presies weet wat hy of sy moet doen. (Daar moet drie verskillende oefeninge gedoen word).

Vir die resep moet jy al die bestanddele, mengbak, lepels, ens. saambring. Jou instruksies moet duidelik wees sodat jou maat presies weet wat hy of sy moet doen. Hou dit eenvoudig.

LU 2.2.2

Skriftelike werk

Skryf nou jou instruksies of resep hieronder neer:

Ruil jou instruksies/resep om met jou maat s’n en assesseer sy/haar werk.

GLAD NIE SOMS DIKWELS ALTYD
Duidelike instruksies
Goeie taalgebruik
Hoofletters waar nodig
Punktuasie waar nodig
Goeie sinsbou (korrekte woordorde)
Korrekte spelling
Maklik uitvoerbaar

Geassesseer deur

LU 4.6.1
LU 4.6.2
LU 4.6.4

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelends, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet …)
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer:
2.4.4 gee mening/standpunt en redes daarvoor (soos: Ek sê dit, want ...);
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 lees ‘n teks (fiksie of nie-fiksie):
3.1.1 identifiseer doel, teikengroep en konteks;
3.4 lees vir inligting:
3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak).
3.7 lees vir genot:
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 vul vorms en rooster in;
4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan;
4.2 skryf vir ‘n sosiale doel:
4.2.1 skryf eenvoudige persoonlike briewe (soos: aanvaar ‘n uitnodiging, reageer op ‘n advertensie) en toon bewustheid van die kenmerke van die tekssoort;
4.4 skryf skeppend:
4.4.1 toon ontwikkelende vermoë om stories, gedigte en toneelstukke te skryf (soos deur dialoog by ‘n storie in te sluit);
4.5 ontwerp mediatekste:
4.5.1 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige advertensie te ontwerp;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks;
4.6.2 skryf ‘n konsepweergawe en lees en bespreek dit krities;
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.

Memorandum

2.

(a) W (f) O

(b) O (g) W

(c) O (h) O

(d) W (i) OB

(e) W (j) OB

3. (a)

(i) … in ‘n houer gooi.

(ii) … roomys en jogurt klits tot dit lig en Skuimerig is.

(iii) … in ‘n lang glas skink.

(iv) … die melkskommel drink en dit geniet.

(b)

(i) … in ‘n houer gegooi.

(ii) … roomys en jogurt geklits tot dit lig en skuimerig was.

(iii) … in ‘n lang glas geskink.

(iv) … die melkskommel gedrink en dit geniet.

Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd
1. Ek is moeg. Ek was moeg. Ek sal moeg wees.
2. Hy hardloop vinnig. Hy het vinnig gehardloop. Hy sal vinnig hardloop.
3. Hulle het sterk spiere. Hulle het sterk spiere gehad. Hulle sal sterk spiere hê.
4. Sy pak haar sportklere in. Sy het haar sportklere ingepak. Sy sal haar sportklere inpak.
5. Jy ontvang ‘n goue medalje. Jy het ‘n goue medalje ontvang. Jy sal ‘n goue medalje ontvang.
6. Hy gedra hom. Hy het hom gedra. Hy sal hom gedra.
7. Ek moet luister. Ek moes luister. Ek sal luister.
8. Ons kan swem. Ons kon swem. Ons sal kan swem.
9. Hulle maak die deur toe. Hulle het die deur toegemaak. Hulle sal die deur toemaak.
10. Hulle wil speel. Hulle wou speel. Hulle sal wil speel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask