<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 12

Stillees

1.verdeel nou in pare

Elkeen kry ‘n beurt om die instruksies hieronder te gee en ook uit te voer.

  • Klap jou hande drie keer.
  • Vou jou arms.
  • Staan op jou tone vir vyf tellings.
  • Raak jou knieë.
  • Plaas jou linkerhand agter jou kop.
  • Spring eenbeentjie op jou regterbeen.
  • Raak jou linkeroor met jou regterduim.
  • Marsjeer op die plek ….. links, regs, links, regs….
  • Maak jou regteroog toe en glimlag.
  • Sit jou hande in jou sye.
  • Rek jou oë so wyd oop as moontlik. Hou vir vyf tellings.
  • Draai twee maal in die rondte.
  • Rek en strek jou uit soos ‘n kat.
  • Plaas jou linkerhand op jou regterskouer en jou regterhand op jou linkerskouer.

Voeg enige vyf aksies by!

Voel jy moeg? Hopelik nie. Dit was glad nie strawwe oefening nie! Elkeen van ons moet egter daagliks oefening kry en/of aktief wees!

Stillees

Lees en bestudeer die onderstaande feite en diagram en beantwoord dan die vrae deur W (Waar), O (Onwaar), of OB (onvoldoende bewyse) te skryf.

Hoekom is oefening so belangrik?

  • Oefening is ook ‘n manier waarop mens kan ontspan.
  • Gereelde oefening is noodsaaklik vir die korrekte groei en ontwikkeling van die liggaam.
  • Oorgewig by kinders is nie altyd die gevolg van te veel eet nie, maar ook die gevolg van te min oefening.
  • Kinders wat dikwels aktief is, is gewoonlik gelukkige kinders.

Stem jy saam, WAAR of ONWAAR?

  1. Oefening kan jou help om te ontspan.
  1. Jy sal glad nie groei as jy nie oefening kry nie.
  1. Oorgewig is alleenlik die gevolg van te min oefening.
  1. Aktiewe kinders is gelukkige kinders.
  1. ‘n Mens verbrand die meeste kilojoules as jy vinnig hardloop.
  1. Sokkerspelers verbrand meer kilojoules per uur as swemmers.
  1. Dansers verbrand minder kilojoules per uur as fietsryers.
  1. Wanneer jy slaap, verbrand jy 35 kiljojoules minder per uur as wanneer jy lees.
  1. Dis beter oefening om te hardloop eerder as om te swem.
  1. Jy kan ook binnenshuis genoeg oefening kry.
Selfassessering onder leiding van opvoeder Totaal uit :
10
LU 3.4.1

Jy het by nommer 2 instruksies gegee en uitgevoer. ‘n Resep is niks anders as instruksies hoe om iets voor te berei nie.

Hier is ‘n resep vir Aarbei-joghurtskommel.

Lees die hele resep hardop vir jou maat voor en luister terwyl hy/sy dit vir jou voorlees.

Aarbei-joghurtskommel

Bestanddele:

250 ml (1 koppie) melk

15 ml (1 eetlepel) roomys

125 ml ( 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} koppie) aarbeigeur-joghurt

Metode:

  1. Gooi al die bestanddele in ‘n houer.
  2. Klits die melk, roomys en joghurt tot lig en skuimerig.
  3. Skink dit dadelik in ‘n lang glas.
  4. Drink die melkskommel en geniet dit.
  1. Jy wil graag vir jouself ‘n melkskommel maak en besluit dat jy die resep môre sal probeer (toekomstige tyd). Voltooi die volgende sinne:
  1. Ek sal al die bestanddele
  2. Ek sal die melk,
  1. Ek sal dit dadelik
  2. Ek sal
  3. Skryf nou dieselfde sinne in die verlede tyd oor, asof jy vir ‘n maat verduidelik hoe jy dit gedoen het.

Begin so:

  1. Ek het al die bestanddele
  2. Ek het die melk,
  1. Ek het dit dadelik
  2. Ek het

Onthou die volgende:

Ons gebruik ‘het’ en ‘ge-‘ vir die verlede tyd en ‘sal’ vir die toekomende tyd.

  • Ek lees ‘n boek.
  • Ek het ‘n boek gelees.
  • Ek sal ‘n boek lees.

ONTHOU : woorde wat met be-, ge-, her-, ont-, ver-, en mis- begin, kry nie ‘n ge - in die verlede tyd nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask