<< Chapter < Page Chapter >> Page >

In stede en groot dorpe is daar groot getalle mense wat produkte koop en van dienste gebruik maak. Ons sê daar is ’n groot mark . Ons weet ook dat hoe groter die mark is, hoe goedkoper die produkte kan wees.

Julle sal verstaan dat jy eerder R2,00 wins op elk van tien artikels (R20,00 wins) wil maak, as R4,00 op elke artikel, maar jy verkoop slegs twee (R8,00 wins)!

Maar handelsdienste beteken nie dat daar altyd produkte of artikels of voorwerpe verkoop moet word nie. Baie mense verkoop hul dienste , byvoorbeeld prokureurs en advokate , rekenmeesters , banke , dokters , reisagente en makelaars (mense wat ander se geld belê). Daar is ook mense wat ander se tuine versorg, loodgieters en bouers . Ook hierdie mense se dienste is eerder in die groot plekke beskikbaar as op klein dorpies.

Lys ’n paar mense of firmas waarvan julle weet wat dienste lewer, maar nie produkte verkoop nie:

Naam Diens

2. Vervoerdienste

Aktiwiteit 2

Om die waarde van vervoerdienste en paaie te ondersoek [1.2, 2.2]

Julle sal weet dat ons moderne samelewing nie sonder vervoer kan klaarkom nie. Dink maar net aan die verskillende maniere waarop leerders orals in ons land skool toe gaan: per motor, taxi, bus, trein en fiets.

Probeer om saam met jou maat hierdie vyf metodes van vervoer te klassifiseer as openbare of private vervoer. Merk dit met ‘n x in die toepaslike kolom.

Openbare vervoer Private vervoer
Motor
Taxi
Bus
Trein
Fiets

Behalwe vir mense wat passasiers in minibus taxi’s vervoer, is daar in ’n klein dorpie nie eintlik ander openbare vervoerdienste nie. In ’n groot stad is daar weer ’n groot verskeidenheid maniere waarop mense met openbare vervoer oor die weg kan kom. En soos julle teen hierdie tyd weet, hoe groter die plek, hoe meer maniere van vervoer.

Maar nie net mense word vervoer nie! Wat van …. Of wag, voltooi julle maar self:

Noem vyf produkte op wat in elk van die volgende bedrywe vervoer moet word:

Boubedryf Motorhawe met vulstasie Landbou

Dink net aan al die verskillende soorte vragvoertuie waarmee die produkte wat julle nou opgenoem het, vervoer moet word!

Vervoer vergemaklik

Vervoer het die lewe baie maklik gemaak en boonop die mens vry gemaak om sy wêreld te verken, en dit lyk asof alles steeds makliker word. Maar ons gaan nou ’n ondersoek onderneem om vas te stel of alles werklik so maklik is en glad verloop soos wat dit lyk.

Verdeel julle klas in vier groepe om vervoer in die volgende omstandighede te ondersoek: (a) ’n liggaamlik gestremde persoon, (b) vervoer in ’n minibus-taxi, (c) die vervoer van petrol of gas (gevaarlike stowwe), en (d) die vervoer van beseerdes in ’n ambulans.

Elke groep kry ’n onderwerp. Oor elke onderwerp moet ten minste ses vrae aan iemand met eerstehandse kennis oor die saak gestel word. Die eerste twee vrae vir elke onderwerp word verskaf, maar aan die res van die vrae moet julle self dink. Gebruik die antwoorde om terugvoering aan die klas te doen.

Hoe ervaar ’n gestremde persoon vandag se vervoer?

  • Verstaan alle normale mense jou probleem?
  • Kan jy van openbare vervoer gebruik maak?

…………………………………………………………………………………………

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask