<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AARDRYKSKUNDE

Graad 4

HULPBRONNE EN DIENSTE

Module 17

OPVOEDKUNDIGE, HANDELS- EN VERVOERDIENSTE

1. Opvoedkundige dienste

speelskooltjie

kleuterskool

primêre skool

hoërskool

tegniese kollege

technikon

universiteit

Skryf jul eie skool se naam hieronder, en die name van ander plekke in jul dorp of stad wat opvoedkundige dienste lewer. julle sal sien dat hoe groter die plek is, hoe langer sal die lys wees.

....................................................................................................................

...................................................................................................................

Aktiwiteit 1

Om vas te stel of opvoedkundige hulpbronne maklik bereikbaar is

[LU 1.7, 2.1]

Hoe ver is die naaste universiteit, technikon, tegniese kollege of hoërskool aan julle? Dalk is daar nie so iets op julle dorp of in julle stad nie. Vind uit hoe ver dit is en vul dan die afstand in die tabel in.

Naam van my dorp, stad of voorstad:

Die naaste aan ons:

Opvoedkundige diens Naam Afstand
Hoërskool:
Tegniese Kollege:
Technikon:
Universiteit:

Watter voordeel hou dit vir jongmense in as hulle naby ’n plek woon waar hulle verder kan studeer?

...................................................................................................................

...................................................................................................................

..................................................................................................................

..................................................................................................................

  1. Handelsdienste

Aktiwiteit 2

Om bewus te wees van dienste wat deur mense en instansies gelewer word [LU 2.2, 2.3, 3.2]

Julle het reeds ontdek dat hoe groter die plek (dorp of stad) is, hoe beter is die kans dat daar baie soorte opvoedkundige dienste beskikbaar sal wees. Met ander dienste, soos handelsdienste , is dit dieselfde. Hoe groter die dorp of stad, hoe meer sakeondernemings soos fabrieke, banke en winkels sal daar wees.

Hier volg ’n aantal sinne wat verband hou met handelsdienste, en waar dit gelewer word. Lees elke sin versigtig deur, maak seker dat jy dit verstaan en bespreek dit dan met jou maat(s). Merk dan af of die stelling waar of onwaar is:

W O
1. Mense sal dikwels van kleiner dorpe na groot dorpe of stede reis om daar inkopies te doen.
2. As ’n boer 25 ton aartappels op een slag wil verkoop, sal dit die beste vir hom wees om dit na ’n mark in die stad te neem.
3. ’n Juwelier wat slegs diamantringe verkoop, moet liewer sy juwelierswinkel in ’n groot stad gaan open.
4. Die gebruik van rekenaars veroorsaak dat banke in klein dorpies al minder en minder raak.
5. Vandag kry jy op die kleinste dorpies CD-winkels wat slegs CD’s met klassieke- en operamusiek verkoop.
6. Baie meer mense besoek ‘n vlooimark op ‘n klein dorpie as een in ‘n stad.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask