<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. As ek die prys van die CD wat ek gekoop het, verdriedubbel en dan R90 by die antwoord tel, kom ek uit by die prys van die R495 draagbare CD-speler wat ek dieselfde tyd gekoop het. Hoeveel het ek vir die CD betaal? Hoeveel geld het ek altesaam uitgegee?

  • Oplossing:Prys van CD × 3 plus R90 = prys van CD-speler

Gestel x is die CD se prys.

x × 3 + 90 = 495 V ertaal woorde in algebra

3 x + 90 = 495 Vereenvoudig

3 x = 495 – 90 Trek 90 af van beide kante van die =

3 x = 405 Vereenvoudig

x = 405  3 Deel deur 3 aan beide kante van die =

x = 135 Vereenvoudig

Die CD het R135 gekos.

Ek het R135 + R495 = R630 uitgegee.

2. Mev. Williams is ‘n toesighouer in ‘n fabriek. Devon Jones is so pas aangestel as ‘n toesighouer teen ‘n weeklikse loon van R900. Sy verstaan dat as R535 van haar weeklikse loon afgetrek word, die oorblywende deel presies die hefte van Devon s’n is. Mev. Williams is bekommerd dat sy nie soveel verdien as die onervare jong man nie. Het sy rede tot kommer? Wenk: Gestel y is Mev. Williams se loon.

3. ‘n Sekere getal is 6 groter as ‘n ander getal. Die som van die twee getalle is 28. Wat is die getal?

  • Oplossing:

(‘n Getal) + (die getal – 6) = 28

Gestel x is die getal; dan is die ander getal x – 6

x + ( x –6) = 28 Vertaal in algebra

x + x – 6 = 28 Verwyder hakies

2 – 6 = 28 Vereenvoudig

2 x = 28 + 6 Tel 6 by aan elke kant

2 x = 34 Vereenvoudig

x = 34  2 Deel elke term deur 2

x = 17 Vereenvoudig

Die getal is 17

Bevestig jou antwoord!

4. Alan en sy suster loop elke oggend reguit skool toe. Elke middag loop Alan weer reguit huis toe, maar sy suster loop altyd by haar vriendin se huis verby op pad huis toe; hierdie roete is twee keer so lank as Alan se roete. Tesame is die oggend- en aandroetes 1½ kilometer. Hoe ver is hulle huis van die skool af?

Dit is belangrik om die probleem om te skakel na algebra, maar dit is ook belangrik om die algebra te kan gebruik om die vergelyking op te los en sodoende die vraag te beantwoord. Dit word nou hier aangespreek. Dit is die stappe wat ons hierbo gevolg het:

  • Verwyder hakies en vereenvoudig: x + ( x –6) = 28 x + x – 6 = 28
  • Maak nou seker dat al die terme met die veranderlike aan die linkerkant van die = teken is, en al die terme sonder die veranderlike aan die regterkant; tel terme by of trek terme af soos nodig, en vereenvoudig: 2 x – 6 = 28 2 x = 28 + 6 2 x = 34
  • As die veranderlike ‘n getal-koëffisiënt het, deel ons beide kante daardeur, en vereenvoudig: x = 34  2 x = 17

Ons gebruik hier al die vaardighede wat ons geleer het by vereenvoudiging van uitdrukkings.

Oefen hierdie vaardighede by die oplos van hierdie vergelykings:

5. (a) 5 х = 35 (b) 4 х = 22 (c) 3 х – 90 = 0 (d) ½ х = 21

6 (a) 5 х + 15 = 35 (b) 8 + 4 х = 22 (c) 3 х – 90 = –60 (d) ½ х + 3 = 15

7 (a) 5 х + 15 = 2 х (b) 8 + 4 х = 22 – 2 х (c) 3 х – 90 = х (d) ½ х + 3 = 4 – ½ х

8 (a) 5( х + 1) = 20 (b) 8 + 4( х – 1) = 0 (c) х ( х + 3) = х 2 + 6 (d) ½ (4 х + 6) = 1

9 (a) 2( х + 1) = х + 2 (b) 2( х + 3) = 2 х + 6 (c) 3 – 2 х = –2(1 + х )

Laat ons ‘n paar van hierdie oplossings ontleed.

Hier is sommige antwoorde:

8 (a) х = 3

(b) х = –1

(c) х = 2

(d) х = –1

  • Hulle is almal aanvaarbare antwoorde.
  • Hulle gee die waarde van die veranderlike ( х ) wat die vergelyking waar maak.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask