<< Chapter < Page Chapter >> Page >

KUNS EN KULTUUR

Graad 4

KRITIESE EN KREATIEWE REFLEKSIE

Module 15

MUSIEK: KLAWERBORDINSTRUMENTE

KLAWERBORDINSTRUMENTE

Aktiwiteit 1

Om te onderskei tussen hoog en laag [LU 2.5]

Lees die volgende sinne hardop:

Wat is die verskil?

HOOG
MIDDEL
LAAG

Probeer om die volgende op verskillende toonhoogtes te sê:

Waar het jy die boek gesit?

Daneel is regtig ‘n pragtige meisie!

Dit kan ek glad nie verstaan nie!

Beklemtoon die verskillende woorde en hoor wat gebeur!

Skryf nou ‘n paar sinne van jou eie en toets jou vriende . . .

Aktiwiteit 2

Om instrumente te identifiseer [LU 2.4, 2.5]

Miskien is dit die eerste keer dat jy werklik luister na verskillende instrumente. Dit sal help om jou luistervaardighede te ontwikkel.

  • ‘n Karnaval is ‘n feestelike geleentheid waarby, onder andere, optogte gehou word. In “Die Karnaval van die Diere” word musiek gebruik om ‘n grappige voorstelling van verskillende diere te gee.
  • Camille Saint-Saëns is die komponis. ‘n Komponis is die persoon wat die musiek geskryf het. Saint-Saëns het hierdie grappige musiek geskryf vir die vermaak van sy vriende en homself.

DIE MARS VAN DIE DIEREKONING

Voltooi eers:

  • Maatslag
  • Tempo
  • Is die instrumentklank hoog en/of laag?
  • Beskryf wat jy hoor. Wat doen die leeu?

Die komponis gebruik twee klaviere om die leeu na te maak.

Die klavier is ‘n klawerbordinstrument:

  • Op ‘n klawerbord kan baie note gelyktydig gespeel word.
  • Die note is vanaf baie laag tot baie hoog.

Al die note is in alfabetiese volgorde (A tot G) en jy kan hulle duidelik onderskei as swart en wit note. Voltooi die wit note op die klavier deur die gegewe patroon te volg:

  • Daar is twee tipes: ‘n regop klavier en ‘n vleuelklavier
  • Noem ander klawerbordinstrumente:

Hoe verkry ons klank op die klavier?

Binne-in die klavier is daar snare en hamertjies . Sodra die noot gedruk word, kap die hamertjie teen die snaar. Die snaar vibreer en bring ‘n klank voor!

Hoe harder die noot gedruk word, hoe harder sal die klank wees en hoe sagter die noot gedruk word, hoe sagter sal die klank wees.

Die persoon wat klavier speel, noem ons ‘n pianis. (Meervoud: pianiste)

Plak hier ‘n prentjie van ‘n klavier en dui aan of dit ‘n regop- of vleuelklavier is.

Assessering

LEERUITKOMS 2: REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.4 maatslae soos vier-vier en drie-vier kan herken;

2.5 na musiekinstrumente luister en hulle kan identifiseer in terme van voorkoms, naam, wyse van klankproduksie, timbre en algemene toonhoogteklassifisering (hoog-laag).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask