<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 12

Besparingsmetodes en berekening van opbrengs

Aktiwiteit 1:

Om besparings- en investeringsmetodes te bespreek en die opbrengs te bereken

LU 3.6

Besparing :

  • Dit is die weerhouding van ’n gedeelte van jou inkomste van verbruik of besteding.

In plaas daarvan om jou totale inkomste oor ’n periode aan te wend vir die betaling of aankoop van goedere en dienste word ’n gedeelte teruggehou of gebêre.

Dit is belangrik dat daar in die beplanning van ’n gesin of onderneming se geldsake (begroting) voorsiening gemaak word vir besparing. Dit is nodig vir beplande, asook onvoorsiene uitgawes, wat mag voorkom.

Daar is verskeie metodes waarop hierdie geld gebêre kan word sodat dit terselfdertyd ook ’n opbrengs verdien. Dit kan by finansiële instellings in ’n spaarrekening gebêre word, waar dit rente verdien vir die eienaar.

Die rente word as ’n persentasie bereken wat kan verskil van bank tot bank. Dit is elke spaarder se verantwoordelikheid om sy geld te spaar waar hy die hoogste rente verdien.

Spaargeld kan ook in ’n vaste deposito belê word. Die geld word vir ’n langer tydperk teen ’n vaste rentekoers belê. Omdat die geld vir ’n langer tydperk deur die finansiële instelling gebruik kan word, is hulle bereid om hoër rente, as by ’n spaarrekening, te betaal. Hoe langer die beleggingstermyn, hoe hoër is die rente op ’n vaste deposito. Rente kan maandeliks, kwartaalliks, halfjaarliks, jaarliks of by verstryking van die beleggingstermyn ontvang word. Sodoende kan dit ’n gereelde inkomste verseker. Na afloop van die voorafbepaalde beleggingstermyn kan die spaarder besluit of hy sy vaste deposito wil beëindig of vir nog ’n periode wil belê.

Besparing is ’n voorvereiste vir investering.

Investering :

  • Wanneer geld in ’n ander onderneming belê word met die doel om wins daaruit te maak byvoorbeeld die koop van aandele, noem ons dit investering.

Maatskappye verkry aandelekapitaal deur aandele van die maatskappy aan die publiek te verkoop. Deur aandele in ’n maatskappy te koop, kan jy ’n klein gedeelte van die maatskappy besit en sodoende in sy wins deel. Die deel van die wins wat aandeelhouers ontvang, staan bekend as dividende. Die houers van voorkeuraandele ontvang ’n vaste dividendpersentasie en geniet voorkeur bo ander aandeelhouers ten opsigte van dividende. Gewone aandeelhouers kom eers vir dividende in aanmerking nadat voorkeuraandeelhouers betaal is en daar word nie aan hulle ’n vaste dividendpersentasie betaal nie.

Daar is aandele waarvan die waarde (pryse) verhoog omdat die maatskappye, wat deur hulle verteenwoordig word, groei. Daar is ook aandele wat in waarde (prys) daal omdat dié maatskappye nie so winsgewend is nie.

Die kuns van investering in aandele en die koop en verkoop daarvan lê in die vermoë om aandele, wat later styg, teen ’n lae prys aan te koop en op die regte tyd ontslae te raak van aandele wat in waarde daal.

Daar is ’n groot risiko verbonde daaraan om al jou geld in een belegging te investeer. Indien jy al jou geld in byvoorbeeld goudaandele investeer en die prys sou skielik daal, kan dit ernstige finansiële implikasies meebring. Geld wat op vaste deposito belê is, het die risiko dat die rentekoers vir die belegging vas is. Enige verhoging in die rentekoerse gedurende jou beleggingstermyn sal dus vir jou geen voordeel inhou nie.

As gevolg van sulke risiko’s is dit raadsaam om in meer as een produk te investeer om die risiko’s sodoende te versprei. Dit kan egter baie duur wees. Die oplossing daarvoor lê in investering in Effektetrusts. Dit is ’n investeringsmetode wat die gewone investeerder in staat stel om saam met ander investeerders hul geld in ’n verskeidenheid sekuriteite, byvoorbeeld aandele, skuldbriewe, kontant, ensovoorts, te belê wat dan ’n opbrengs van rente en/of dividendbetalings kan oplewer. Effektetrusts lewer ’n hoër opbrengs en ’n beter balans omdat dit ’n samestelling van dividende, rente en kapitaalgroei is.

Die berekening van opbrengste op verskillende besparingmetodes

  • Rente is die prys wat betaal word vir die gebruik van iemand anders se geld.
  • Rentekoers is die persentasie waarteen rente oor ’n tydperk bereken word.

OPDRAG :

  • Versamel inligting oor rentekoerse van verskillende besparingsmetodes by verskillende banke en vergelyk dit deur die volgende vrae in die tabel te beantwoord.

1 Bereken die rente wat ’n persoon sal verdien indien hy R5 000 oor ’n tydperk van een jaar spaar.

2 Bereken die rente wat ’n persoon sal verdien indien hy R5 000 oor ’n tydperk van 18 maande spaar.

FINANSIëLE INSTELLING BESPARINGSMETODE
RENTEOPBRENGS
1 JAAR 18 MAANDE
LU 3.6

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
3.1 tussen finansiële begrippe onderskei wat in die sakewêreld gebruik word (bv. vaste bates, bedryfsbates, laste, eienaarsbelang);
3.2 leiers- en bestuurstrategieë wat ‘n opbrengs uit beleggings sal verseker ontwikkel;
3.3 brondokumente (bv. kwitansies, depositostrokies, tjeks) kan invul en rekord hou van elementêre kontanttransaksies in ‘n staat van ontvangste en betalings;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om basiese inligting te ontwikkel, te bewaar en te herwin;
3.5 die begrip netto waarde verduidelik en ontleed ‘n staat daarvan;
3.6 die verskillende metodes om te spaar ondersoek en te belê (bv. spaarrekenings, vaste deposito’s, aandele, effektetrusts), en bereken opbrengste uit ‘n verskeidenheid beleggings.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask