<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AARDRYKSKUNDE

Graad 4

HULPBRONNE EN DIENSTE IN ‘N NEDERSETTING

Module 16

WAT WORD BEDOEL MET DIENSTE?

Dienste

Omdat daar so baie mense in ‘n dorp of stad woon, is dit noodsaaklik dat sekere dienste aan hulle gelewer moet word. As dit nie gebeur nie, kan daar chaos heers en die omgewing kan verwaarloos en vuil wees. Julle het in die vorige leereenheid gelees dat daar mense is wat hierdie dienste beplan. In hierdie leereenheid gaan julle meer van sekere dienste leer.

Aktiwiteit 1

Om te identifiseer watter dienste in die dorp/stad gelewer word [LU 2.1, 2.3]

Hier volg ’n lys van dienste wat in ’n stad of baie groot dorp beskikbaar moet wees. Merk dié dienste wat in julle dorp of stad gelewer word.

Bank
Biblioteek
Brandweer
Handel
Openbare parkering
Openbare vervoer
Opvoeding
Parke en ontspanningsgebiede
Polisie
Posdienste
Riolering
Sekuriteitsdienste
Sportterreine
Stadspolisie
Telekommunikasie
Verkeersdienste
Vullisverwydering
Watervoorsiening

Is daar dienste in hierdie lys waarsonder ’n groot stad kan klaarkom?

Hou ’n klas- of groepbespreking oor die dienste wat aan gemeenskappe gelewer word. skryf drie hiervan neer wat na julle oordeel oorbodig is.

1. ................................................................................................................

2. ...............................................................................................................

3. ...............................................................................................................

Assessering

LEERUITKOMS 2: AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

2.1 die eienskappe van die plaaslike nedersetting, insluitend landgebruik, beskryf en dit vergelyk met voorbeelde van ander plekke (mense en plekke);

2.3 kan beskryf hoe daar in die verlede in basiese menslike behoeftes voorsien is en hoe dit in die hede gebeur [mense en omgewing].

Memorandum

Geleentheid tot kwalifikasie

Goedkoper (meer bekostigbaar)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask