<< Chapter < Page Chapter >> Page >

KUNS EN KULTUUR

Graad 4

KRITIESE EN KREATIEWE REFLEKSIE

Module 14

VISUELE KUNS: VORM EN RUIMTE

VORM EN RUIMTE

In die vorige modules het jy kennis gemaak met kleur-, lyn- en toonnuanses. Nou gaan ons kyk na vorm en ruimte, asook na die kombinasie van al hierdie elemente.

Aktiwiteit 1

Om die konsepte vorm en ruimte te kan verduidelik en toepas [LU 2.6]

  • Jou opvoeder gaan jou help! Jy gaan nou jou wêreld begin besigtig!

Stap 1

Soek voorbeelde van geometriese vorms binne of buite die klaskamer en skryf hulle neer.

Geometriese vorms is byvoorbeeld sirkels, vierkante, reghoeke, driehoeke, ensovoorts. Soek dan “vryer” vorms wat nie in die eersgenoemde kategorie pas nie ( organiese vorms). Organiese vorms is byvoorbeeld boomblare, wolke, struike, ensovoorts.

Voorbeelde:

GEOMETRIESE VORMS ORGANIESE VORMS

.................................................. ...........................................

STAP 2

Kyk nou na simmetriese en asimmetriese vorms.

Nog voorbeelde:

SIMMETRIES ASIMMETRIES

............................................ .............................................

STAP 3

Nou gaan ons kyk na positiewe en negatiewe vorms.

Nog voorbeelde:

POSITIEWE NEGATIEWE

........................................... .................................................

........................................... ..................................................

........................................... ..................................................

STAP 4

Voltooi nou die volgende tabel deur die vorms in Kolom A met die beskrywings in Kolom B te verbind. Gebruik ‘n liniaal!

STAP 5

Verduidelik na aanleiding van die vier illustrasies hieronder hoe ruimte in ‘n prent of kunswerk geskep kan word. Laat jou opvoeder jou help.

Soek nou jou eie voorbeelde in tydskrifte en plak hulle in jou leerderjoernaal.

Kom ons kyk hoe goed jy gevaar het.

Aktiwiteit 2

Om ‘n kunswerk te ontleed [LU 2.6]

  • Visuele beelde en kunswerke is deel van ons daaglikse lewe. Kyk maar om jou!

Kyk nou na die kunswerk wat die opvoeder aan jou wys en probeer dan die vrae beantwoord sodat jy ‘ n eie mening oor die kunswerk kan vorm.

Aktiwiteit 3

Om eie visuele interpretasie te skep [LU 2.6]

  • Jou opvoeder gaan vir jou ‘n volledige beskrywing van ‘n bekende kunswerk gee.

1. Lees die beskrywing aandagtig deur .

2. Skep dan jou eie weergawe daarvan op papier met behulp van verf, pastelle of waskryte.

3. Wanneer jy klaar is, kan jy na die oorspronklike kunswerk kyk, maar nie voor die tyd nie!

Assessering

LEERUITKOMS 2: REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.6 op beelde, ontwerpe en kunshandwerke wat in volkskultuur, prente en -foto’s gebruik word, reageer en hulle aan die hand van toepaslike terminologie kan bespreek in terme van inhoud, lyn, fatsoen, vorm, kleur, tekstuur, ruimte en materiaal gebruik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask