<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 6

Kritiese en kreatiewe denke

Module 12

Verskillende tipes drama

Drama

Aktiwiteit 1:

Om uit te vind oor die verskillende tipes drama:“die kind in die winkel”

[lu 2.2]

  • Met hierdie aktiwiteit gaan ons die verskillende tipes drama ondersoek wat in Suid-Afrika voorkom. Dit gaan beslis ‘n avontuur wees wat jy sal geniet. Daar is ook ‘n praktiese aktiwiteit wat baie prettig gaan wees. Geniet dit!
  • Voordat ons op ons ontdekkingsreis gaan, kyk ons na die tipes drama wat ons in Suid-Afrika kan kry.

Drama-genres in Suid-Afrika (tipes drama)

  • Drama - ‘n hoogs emosionele en tragiese situasie
  • Storievertelling - vertelling van gebeure
  • Politieke protesteater - dramas geskep om te betoog teen onregverdigheid
  • Klug en komedie - humoristiese toneelstuk gebaseer op onwaarskynlike situasies
  • Musiekblyspele - sang, dans en drama in een opvoering
  • Pantomime - gebarespel opgevoer gedurende Kersfeestyd, gekarakteriseer deur klug, musiek, groot stelle en grappe

Genres:

Bespreek elkeen van hierdie genres in die klas.

Tuiswerk

  • Soek na afloop van die bespreking voorbeelde van elkeen van hierdie genres, asook name van toneelstukke, opvoerings, dramaturge, ens.
  • Kies drie genres – enige drie – en identifiseer die ooreenkomste en verskille tussen die drie, bv.:
Drama Komedie Musiekblyspel
ernstigakteurs praat snaaksakteurs loop in deure vas ernstig en snaaksakteurs sing en dans

Praktiese Werk

  • Selekteer drie genres wat julle graag wil ondersoek. Verdeel in groepe. Elke groep kry ‘n genre om mee te werk. Werk aan ‘n kort toneeltjie met die volgende reël:

‘n Kind gaan na die winkel om lekkers te koop, maar wanneer

hy/sy wil betaal, besef hy/sy skielik dat sy/haar beursie weg is…

  • Gebruik die volgende kriteria vir die toneeltjie:
  • elkeen in die groep moet ‘n rol in die toneel speel
  • die karakters moet ‘n motivering vir hulle aksies hê
  • dialoog is opsioneel
  • musiek, sang of dans kan gebruik word
  • rekwisiete kan gebruik word
  • gehoorsaam die eienskappe van die genre
  • die voorgeskrewe reël kan in die begin, middel of einde voorkom
  • daar moet ‘n klimaks/hoogtepunt wees
  • die toneeltjie moenie langer as vyf minute wees nie
  • Voer die tonele vir die res van die klas op.

Klasbespreking

  • Bespreek die volgende aspekte na die opvoerings:
  • Het die verskillende groepe aan die genre voldoen?
  • Kon julle die verskillende genres identifiseer met elke opvoering?
  • Hoe kan elke toneeltjie verbeter word?

Nabetragting

Voltooi die vraelys.

1. Watter deel van die aktiwiteit het jy die meeste geniet: die navorsing of die prakties? Waarom?

2. Watter tipe drama was vir jou die interessantste? Waarom?

3. Watter tipe drama het jy die meeste geniet om te sien? Waarom?

4. Van watter tipe drama sal jy meer wil weet? Waarom?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIE Die leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte en style van die verlede en die hede te reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
2.1 die historiese agtergrond van danse gedoen deur hulle ouers navors ten opsigte van sosiale en kulturele inhoude, doel en unieke eienskappe;
DRAMA
2.2 uitvind oor verskillende tipes drama in die land en verbande volgens oorsprong en ooreenkoms tussen party van hulle raaksien;
MUSIEK
2.3 m.b.v. beluistering die gebruik van herhaling in die samestelling van Afrika-musiek bespreek;
2.4 m.b.v. ‘n repertorium van geselekteerde liedere uit verskillende kulterele omgewings kan beskryf uit watter kulterele gebeurtenis die liedere spruit, en die boodskap van die lirieke en waarvoor die lied gebruik word, verduidelik;
VISUELE KUNSTE
2.5 die hoofdoel en ontwerp-kwaliteite van kunswerke in die huis, die gemeenskap en openbare plekke identifiseer volgens tema, onderwerp en skaal.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask