<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 12

Rolprente uit twee verskillende genres

DRAMA

In hierdie eenheid gaan ons na twee rolprente uit twee verskillende genres kyk.

Jou opvoeder sal jou die video’s van hierdie rolprente wys. Die eras waarin hierdie rolprente vervaardig is, sal vir jou geskep word en jy sal meer van die rolprentbedryf vertel word.

Aktiwiteit 1:

Om die positiewe en negatiewe effekte van rolprente op ons lewens te analiseer:ROLPRENTE VAN DIE 60’S EN 70’S

[LU 2.8]

Kyk na die volgende rolprentgenres en probeer ‘n rolprent kry wat by elke genre pas:

ROLPRENTGENRES ROLPRENTE
Rolprent van die Wilde Weste (“Western”)
Komedies
Musiekblyspele
Romanse
Epiese verhale
Gruwelrolprent (“Horror movies”)
Rillers
Ramprolprent (“Disaster movies”)
Dramas
Animasie
Dokumentêre rolprente
Avontuurrolprente

Oefening 1: Rolprente van die 60’s

D ie O pstel

Butch Cassidy and the Sundance Kid

  • Kyk na die video van die rolprent.
  • Skryf ‘n opstel wat die volgende kriteria insluit:

Die intrige

Die karakters

Die moraal

Die styl

Die kunsregie

K lasbespreking

Bespreek die volgende in die klas na afloop van die rolprent en nadat die opstelle geskryf is.

Wat was die fokus van die rolprent?

Watter ander keuses kon die karakters gemaak het?

Waarom, dink jy, is die rolprent gemaak?

Wat vertel hierdie rolprent vir ons oor die vervaardiger, regisseur en die skrywer se siening van die wêreld?

Wat het die rolprent vir jou beteken?

Hoe reflekteer die rolprent die tyd waarin dit gemaak is?

Beantwoord die volgende vrae na afloop van die klasbespreking:

1. Het jy die rolprent geniet? Waarom?

2. Wat is die genre van Butch Cassidy and the Sundance Kid?

3. Kon jy met die karakters identifiseer? Waarom? Waarom nie?

4. Hoe belangrik, dink jy, is die klankbaan van ‘n rolprent? Waarom?

5. Watter karakter in die rolprent sou jy graag wil speel? Waarom?

6. Hoe het die regisseur kontras in die rolprent gebruik? Die beligtingsontwerper? Die klanktegnikus? Die akteurs?

7. Het hierdie rolprent ‘n negatiewe of positiewe uitwerking op jou lewe gehad? Waarom?

8. Sou jy die einde van die rolprent wou verander? Waarom? Hoe?

Oefening 2: Rolprente van die 70’s

D ie O pstel

Star Wars: The Empire Strikes Back (1978 )

  • Kyk na die video van die rolprent.
  • Skryf ‘n opstel oor die volgende nadat jy die rolprent gesien het:

Wetenskapsfiksie

Spesiale effekte

Die intrige

Die karakters

Die moraal

Die kunsregie

Beantwoord die volgende vrae nadat jy na die rolprent gekyk en jou opstel geskryf het.

1. Het jy die rolprent geniet? Waarom? Waarom nie?

2. Het die rolprent ‘n boodskap gehad? Indien wel, dink jy die boodskap het getref? Waarom? Waarom nie?

3. Van watter karakter het jy die meeste gehou? Waarom?

4. Waar was die klimaks? Wat was dit?

5. Hoe, dink jy, verbeeld hierdie rolprent die 70’s-era?

6. Het hierdie rolprent ‘n positiewe of negatiewe uitwerking op jou lewe gehad? Hoe? Waarom?

Vergelyk die twee rolprente wat jy gesien het met mekaar ten opsigte van die volgende:

Butch and Sundance Star Wars
Era:
Genre:
Boodskap:
Klankbaan:
Fokus:
Spanning:
Spesiale effekte:
Regie:
Stel en lokasie:
Kostuums:

K lasbespreking

Bespreek die volgende:

Hoe hou wetenskapfiksie verband met die huidige situasie in Suid-Afrika?

Wat is die positiewe en negatiewe uitwerking van ‘n wetenskapfiksie-rolprent op ons lewens?

Aktiwiteit 2:

Om ‘n RESENSIE te skryf en te verwys na die toneelmagtigheid en dramatiese elemente

[LU 2.9]

Jy het die rolprente gesien, die verskillende aspekte van elke rolprent ondersoek en jou opstelle geskryf. Nou gaan jy ‘n resensie skryf oor een van hierdie twee rolprente en na die toneelmatigheid en dramatiese elemente van die produksie verwys.

vir die doel van hierdie opdrag kan jy die resensie oor enige van die twee rolprente skryf

Wenke vir die skryf van ‘n resensie:

Plaas die produksie in konteks.

Maak seker daar is ‘n kort opsomming oor die intrige/plot.

Beskryf duidelik jou persoonlike gevoel oor die produksie.

Lewer kommentaar oor die gebruik van dramatiese elemente: toneelmatigheid, spesiale effekte, musiek, klank, beligting, kostuums, kunsinkleding, grimering, tegniese aspekte, redigering, ens.

Lewer kommentaar oor die toneelspel. (karakterisering, realisme, tegniek, ens.)

Lewer kommentaar oor die regie.

Lewer kommentaar oor die produksie en sy genre.

Lewer kommentaar oor die teks.

Gee altyd redes en regverdig jou menings.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK
2.3 kan analiseer hoe kulture mekaar affekteer en hoe hulle verandering ondergaan;
2.4 die rol wat tegnologie in die vorming van prosesse en produkte in drama, dans, musiek en kuns oor die tyd heen gespeel het, kan analiseer;
2.5 die begrippe mag, kontrole en dominering in massamedia- en volkskultuurverband kan bespreek en vertolk;
DANS
2.7 besin en vergelykings tref oor hoe sosiale danse hulle tyd weerspieël;
DRAMA
2.8 die positiewe en negatiewe effekte van televisie, radio, dokumentêre programme of rolprente op ons lewens kan analiseer;
2.9 ‘n resensie oor ‘n plaaslike of ander dramaproduksie kan skryf, met verwysings na konvensies van die opvoer en elemente van drama;
MUSIEK
2.10 die wyse waarop musiek in liedjies, rituele, publieke gebeure, rolprente, opera of advertensies gebruik word om reaksies te ontlont, kan analiseer;
VISUELE KUNSTE
2.11 die invloede en omstandighede wat die ontwikkeling van ‘n Suid-Afrikaanse, Afrika- of internasionale kunstenaar uit die verlede of hede bepaal, kan ondersoek en verduidelik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask