<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

Persoonlike ontwikkeling

Module 13

Onderhandelings- en bemiddelingsvaardighede

Leerders het reeds deur die rolspel in die groepdrukopdrag te doen gekry met onderhandelings om by vreedsame oplossings uit te kom.

Hier is nou ‘n paar begrippe, meesal uit die politieke wêreld, wat verskillende onderhandelingsmetodes beskryf:

  • Ubuntu
  • Détente
  • Bosberaad
  • Onderhandeling
  • Samesprekings
  • Bemiddeling
  • Dinkskrum
  • Indaba

Aktiwiteit 1:

Om ‘n plakkaat te ontwerp waarop die betekenis van ‘n onderhandelingsbegrip uitgebeeld word

[lu 3.4]

Groepopdrag

Elke groep kry een begrip om na te vors. Dit sal ‘n goeie plan wees om by die woordeboek te begin. Aan die einde van die opdrag moet elke groep ‘n plakkaat maak waarop die betrokke woord en die betekenis daarvan geskryf is. Probeer een voorbeeld uit ons land se politieke geskiedenis kry (kyk in koerante en op die Internet). Daar is heelwat foto’s in koerante wat ook sal help om die begrip uit te bou. Elke groepleier moet sy plakkaat en begrip aan die res van die klas verduidelik.

Suksesvolle selfbestuur

Onder die begrip selfbestuur verstaan ons om verantwoordelik te wees vir jouself en vir ‘n gesonde balans in jou lewe sodat jy ‘n gelukkige en gesonde jongmens kan wees.

Effektiewe tydbestuur is baie belangrik. Dit beteken om genoeg tyd in te ruim om jou met verskillende dinge besig te hou op so ‘n manier dat ‘n mens van ‘n “gebalanseerde” program kan praat.

Aktiwiteit 2:

Om ‘n tabel oor selfbestuur in te vul

[lu 3.5]

Individuele opdrag

  1. Voltooi die onderstaande tabel eerlik en akkuraat.

Hoeveel tyd (ure of minute) spandeer jy daagliks aan die volgende?

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag
Huiswerk
TV kyk
Gesinsetes
Sosiaal
Internet
Lees
Stokperdjies
Sport
Huistakies
Slaap
Ander
  1. Skryf nou in ‘n ander kleur ink of kleurpotlood hoeveel tyd jy dink jy aan elke aktiwiteit behoort te spandeer. Indien daar groot verskille is, moet jy dalk met ‘n opvoeder of jou ouers gaan praat om te kyk of jy nie jou tyd beter kan bestuur nie. Indien jy 0 minute in enige van die tabelle ingevul het, moet jy ook meer dink en raad soek.
  2. Vergelyk nou jou tabel met dié van ‘n maat en bespreek die verskille in gebruik van tyd in julle tabelle.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Persoonlike ontwikkelingDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • oor sy/haar eie vermoëns, aanleg, belangstellings en sterk punte, asook selfbeeld, besin;
  • verduidelik hoe om in verskillende situasies op groepdruk te reageer;
  • deernis toon deur vir mense en diere om te gee;
  • die vaardigheid toon om in verskillende konfliksituasies die vrede te behou en as bemiddelaar op te tree;
  • verduidelik wat geleer is deur oor eie ervaring met betrekking tot selfbestuursvaardighede na te dink;
  • ‘n verskeidenheid probleemoplossings-vaardighede vir verskillende kontekste beskryf en kies.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask