<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 4.3.1 LU 4.4.1 LU 4.4.2 LU 4.4.3
  • Soek die woorde wat jy nie kan lees nie.
  • Gebruik ‘n woordeboek en vind uit wat hulle beteken.

Themba lees stories.

Themba kla nie. Hy is baie hartseer

en saans as hy in die bed lê, dink hy

weer aan sy maats op die rugbyveld.

Hy stap nou meer gereeld biblioteek toe.

Hy geniet die boeke wat hy lees.

Hy leer baie dinge - van mense, van

lande, van diere, van die natuur.

Hy hou baie van speurverhale en

reisverhale, asook stories van avonture.

Dan vergeet hy van die skool, sy maats,

die rugby. Dan is hy ver, ver weg –

in grotte, op berge of onder op die

bodem van die see. Dit is vir hom

lekker, baie lekker.

Hy swem nog steeds, net wanneer hy kan.

Maar hy begin al minder aan rugby dink.

Hy begin al meer oor sy stories wonder.

Wie het die geld gesteel? Hoe gaan die

reddingspan van die ysberg afkom?

Hoe lyk Paradyseiland? Waarom het

dinosourusse uitgesterf?

En hy swem nog ‘n paar lengtes – kruipslag, borsslag, rugslag – totdat Thandi later vir hom kom roep: “Ouma Rosie sê jy moet nou kom. Dit word laat!”

  • Vertel hoekom Themba nie meer so baie aan rugby dink nie.
LU 3.3.1 LU 3.5.3
  • Soek die ander helfte van die medalje om ‘n woord te bou.
LU 3.4.3

Kom ons besoek die biblioteek

  • Daar is rye en rye boeke.
  • Hoe weet die bibliotekaresse waar al die boeke moet kom?

Kom ons vra vir haar. Luister mooi na wat sy sê.

Vrae vir die Bibliotekaresse.

1. Hoe weet u waar al die boeke kom?

2. Waar moet ek soek as ek ‘n boek wil uitneem om te lees?

3. Wat moet ek dan doen?

4. Vir hoe lank kan ek die boek hou?

5. Wat gebeur as ek die boek nie betyds terubring nie?

6. Mag ek die prente inkleur?

7. Waar kry Themba die boeke oor:

mense van ander lande; diere; die natuur; speurverhale; reisverhale en avontuurstories?

8. Wat is die reëls van die biblioteek?

9. Waar kry die skool al die boeke?

10. Hoe moet ek my biblioteekboeke versorg?

  • Bespreek die onderhoud wat jy met die bibliotekaresse gehad het in groepe.
  • Vra vir mekaar of vir Juffrou as daar nog iets is wat jy nie verstaan nie.
LU 2.6 LU 5.3.3
  • Daar is verskillende boeke in die biblioteek.
  • Voltooi die sinne.

1. Boeke oor die natuur gaan oor

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

2. Speurverhale gaan oor

3. Reisverhale gaan oor

4. Avontuurstories gaan oor

..........................................................................................................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask