<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Graffiti

Vandat die mens kan “skryf”, het hy op mure geskryf. Daar is geen ander vorm van skryfkuns en tekenkuns wat so oud en bekend is soos graffiti nie. Die oudste vorm is die rotstekeninge wat in grotte ontdek is.

In die tyd van die Romeine het die stadsvaders afbeeldings van gode op toiletmure aangebring, omdat die Romeine so graag op die mure geskryf en geteken het.

In die jare sestig van die vorige eeu het graffiti veral in Amerika gewild begin word en in die jare sewentig wêreldwyd kop uitgesteek.

Die gewildste metodes is om met viltpenne te skryf en met spuitverfkannetjies te spuit. Net in Amerika kos dit jaarliks R77 miljard om graffiti-mure skoon te maak.

ANTWOORDE
Die mens skryf al duisende jare op mure.
Die oudste vorm van graffiti is rotstekeninge.
Rotstekeninge word slegs in grotte gekry.
Die Romeinse stadsvaders het gode op toiletmure geverf.
Romeine het slegs op toiletmure geskryf en geteken.
Graffiti het in die jare sestig in Amerika gewild begin word.
Graffiti word net in Amerika gesien.
Mense gebruik graag viltpenne en spuitverfkannetjies vir graffiti.
Dit kos verskriklik baie geld om graffiti skoon te maak.
Daar is graffiti in ons eie stad of dorp.
Selfassessering onder leiding van opvoeder. Totaal uit 10

[LU 3.7.2]

Hier is ‘n paar voorbeelde van “graffiti”

Een van die gewildste plekke vir graffiti is skoolbanke, óf, as daar nie banke is nie, tafels. Ander gewilde plekke by die skool is die kleedkamermure of die fietshokke. Kyk na die volgende voorbeeld:

Daar was te min belangstelling. Dus is die dag van môre gekanselleer!Roovetsretga is agterstevoor geskryf.

Moet liefs nie probeer om ander se voorbeeld te volg nie. Mense wat

Moet liefs nie probeer om ander se voorbeeld te volg nie. Mense wat omgee, skryf nie op mure of hokkies by bushaltes nie! Skryf liewers jou eie graffiti op ‘n A4-vel papier. Jy kan saam met ‘n maat werk, of alleen. Jy kan graffiti óf skryf óf teken. Dit moet verkieslik met die skoollewe te doen hê.

Wat dink jou maat(s) van jou graffiti?

My graffiti is geassesseer deur: _

Die volgende woorde/frases kan vir assessering gebruik word:

Puik

Baie goed

Goed

Redelik (ruimte vir verbetering)

Swak (moet verbeter)

Leesbaarheid: (is dit duidelik genoeg?)

Spelling van woorde:

Hoe treffend is dit?

Wat is die algemene indruk?

[LU 4.2.1]

VOORNAAMWOORDE

ONTHOU!

‘n Mens sê ek wanneer jy van jouself praat.

Jonathan sê: “Ek is jammer.”

‘n Mens sê jy wanneer jy met iemand anders praat:

Margaret praat met Jonathan en sê: “Waarom gooi jy nie die papier weg nie?”

‘n Mens sê hy wanneer jy van ‘n seun praat:

Thando praat van William en sê: “Hy tel nooit papiere op nie.”

‘n Mens sê sy wanneer jy van ‘n meisie praat:

Doreen praat van Lucy en sê: “Sy gooi altyd haar leë blikkies weg.”

‘n Mens sê ons in plaas van ek en ander mense:

Sandra sê vir haar maats: “Ons gaan hulle ’n les leer.”

‘n Mens sê “Julle in plaas van jy en ander mense:

Sizwe sê vir sy maats: “Julle het my baie gehelp.”

‘n Mens sê hulle in plaas van hy of sy en ander mense:

Nomsa sê vir haar ma: “Hulle het my gehelp om al die rommel op te tel.”

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask