<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 5

HOU DIE AARDE SKOON

Module 16

HERWINNING, GRAFFITI EN TAAL

recycling : herwinning

Hoe “groen” is jy? Dit beteken: hoeveel gee jy om vir die omgewing?

VRAELYS

Beantwoord die volgende vraelys om vas te stel hoe “groen” jy is.

HET JY AL OOIT:

ANTWOORD TELLING
papier, blikkies en glas ingesamel vir herwinning?
gehelp om ‘n park, rivier, strand, jou skoolgrond skoon te maak?
jou hond toegelaat om die sypaadjie, die park of ander openbare plek as toilet vir ontlasting te gebruik?
ligte in jou huis aangeskakel gelaat al is jy nie in die vertrek nie?
jou ouers oorreed om lae-energie gloeilampies te koop?
met jou fiets gery of gestap as dit moontlik is, in plaas daarvan om met ‘n motor vervoer te word?
bome, blomme of ander plante geplant?
enige papiere of blikke wat rondlê opgetel en weggegooi al is dit nie joune nie?
iemand wat rommel strooi gevra om dit liewer in ‘n drom te gaan gooi?
jou gemors op die grond gegooi en net daar gelos wanneer jy in ‘n fliek was of ‘n sportbyeenkoms bygewoon het?
TOTAAL

Antwoord die bostaande vrae as volg: a = altyd; b = dikwels; c = soms; d = selde; e = nooit. In die regterkantste kolom skryf jy die telling vir elke vraag as volg:

vir vrae 1, 2, 5, 6, 7, 8 en 9

a = 5; b = 4; c = 3; d = 2; e = 0

vir vrae 3, 4 en 10

a = 0; b = 2; c = 3; d = 4; e = 5

UITSLAG

40 – 50: Jy is baie groen; baie geluk. Jy leef soos wat almal behoort te leef en gee baie om vir die omgewing!

29 – 39: Nie sleg nie! Daar is ruimte vir verbetering en nog meer wat jy vir jou omgewing kan doen en beteken.

19 – 28: Jy is maar lui. Dis tyd om jou hande vuil te maak. Skakel die televisie af, staan op van die bank af en DOEN IETS!

10 – 18: Jy is gevaarlik naby daaraan om in ‘n probleem te ontaard vir die planeet en jou gemeenskap. Die omgewing is glad nie belangrik vir jou nie. DINK aan die gevolge as jy so aangaan!

0 – 9: Jy is ‘n gevaarlike planeetvandaal! Dra groen klere en begin om iets te doen! Jy behoort drie dade weekliks te doen om jou omgewing te bewaar en skoon te hou.

[LU 5.4.1]

MONDELING

Jy kry nou 1 tot 2 minute tyd om aan die klas te kom verduidelik hoe “groen” jy is:

Wat doen jy aan besoedeling?

Hoe bestry jy besoedeling in jou omgewing of skool?

Hoe oortuig jy ander kinders (of selfs volwassenes) dat hulle nie moet mors nie?

Waarheen is jou ruimtetuig op pad? (Sien die leesstuk by no. 1.)

Óf

Verduidelik aan die klas hoekom jy nie “groen” is nie en wat jy gaan doen om “groen” te word!

Hoe besoedel jy die omgewing?

Hoekom wil jy verander?

Hoe gaan jy verander?

In watter tipe ruimtetuig gaan jy nou reis? (Sien leesstuk by no. 1.)

[LU 2.1.4]

STILLEES

Julle het in die vorige leereenhede van verskillende soorte besoedeling gelees, bv. omgewingsbesoedeling, lugbesoedeling en waterbesoedeling. Daar is nog baie ander soorte besoedeling, byvoorbeeld geraasbesoedeling en “muur”-besoedeling. ‘n Ander naam daarvoor is graffiti.

Lees die volgende leesstuk oor graffiti en beantwoord die daaropvolgende vrae deur slegs W (waar), O (onwaar) of OB (onvoldoende besonderhede) te skryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask