<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 8

Veranderende idees en tegnologieë: eerste wêreldoorlog

Module 14

Die invloed van die eerste wêreldoorlog op suid-afrika

Aktiwiteit 1

Om die invloed van die Eerste Wêreldoorlog op Suid-Afrika objektief te kan bespreek

LU 1.4 LU 1.5 LU 2.2 LU 3.3

LEESSTUK 1

Tydens Cecil John Rhodes se stryd om die goudvelde (in die Transvaal en die Vrystaat) vir die Britse Regering te annekseer, het die besonderhede van die mislukte Jameson-inval van 1896 in die buiteland bekend geraak. Die Jameson-inval en die daaropvolgende Suid-Afrikaanse Oorlog (of Anglo-Boereoorlog soos dit toe bekend gestaan het), is reeds in Module 2 behandel.

Keiser Wilhelm II van Duitsland het openlik aan president Paul Kruger van die Transvaalse Republiek ’n telegram gestuur om hom geluk te wens met die suksesvolle afweer van die Jameson-inval. Brittanje het die Duitse keiser kwalik geneem vir hierdie optrede.

Tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899 - 1902) het die Duitsers openlik met die Suid-Afrikaners gesimpatiseer. Dit het betrekkinge tussen Duitsland en Brittanje verder vertroebel.

Op hierdie stadium was die Kaapkolonie onder Britse beheer en die koloniste in die Kaap moes op bevel van die Britse Regering die Britse deelname aan die Eerste Wêreldoorlog ondersteun. Ná die oorlog het soldate wat buite die landsgrense kennis gemaak het met mense van ander kolonies se begeerte om hulself te regeer, hierdie gevoel van nasionalisme saam met hulle na hul tuistes teruggebring. Hulle het gesien hoe ’n volk kan saamwerk om sy onafhanklikheid van die koloniale moondheid te verkry.

Na die Suid-Afrikaanse Oorlog was die Suid-Afrikaners anti-Brittanje. Die stryd in die konsentrasiekampe en op die slagveld was nog te duidelik in hul gedagtes.

Opdrag:

  • BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:

1 In paragraaf 1 word gesê dat Brittanje, in die persoon van Rhodes, die Transvaal en Vrystaat wou annekseer, omdat …

/2/

  • Skryf nou jou eie OPINIE oor die REDE vir KOLONISASIE neer:

2. Volgens paragraaf 2 het Keiser Wilhelm II vir Paul Kruger gelukgewens omdat …

/2/

  • Sou Keiser Wilhelm II nog ’n ANDER REDE vir die gelukwensing gehad het?

Watter? .

3. Aan wie se kant het die Kolonialers volgens paragraaf 4 geveg? Waarom?

/2/

  • Die Kaapkolonie het nie goudvelde gehad nie. Van watter waarde was die kolonie vir Brittanje?

4. Wat is nasionalisme volgens paragraaf 5?

/2/

  • Eie opinie: Nasionalisme is

5. Twee redes vir die anti-Britse gevoel volgens paragraaf 6 is:

/2/

  • "anti-Britse gevoel" beteken dat

/ 10 /

LU 1.4 LU 1.5 LU 2.2

Aktiwiteit 2

Om die veranderinge teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog te kan bespreek

LU 1.1 LU 1.4 LU 1.5 LU 2.3

LEESSTUK 2

Toe die Duitse leërs begin terugval, het die Keiser na Nederland gevlug. Die nuwe Duitse sosialistiese regering moes ’n wapenstilstand vra, wat op 11 No­vember 1918 die einde van die oorlog beteken het. Die Duitsers moet nood­gedwonge vra vir vrede.

In Januarie 1919 het die onderhandelinge in Parys begin. Die Groot Drie, naamlik die VSA, Frankryk en Brittanje, het Duitsland alleen verantwoordelik gehou vir die oorlog. Die nuwe sosialistiese regering was verplig om skuld te aanvaar en is nie eens toegelaat om aan die vredeskonferensie deel te neem nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask