<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 7

Demokrasie of oorlog

Module 12

Die oorlog eindig (1901 – 1902)

Bestudeer eers die samevatting van die laaste twee jare van die oorlog, voordat jul die opdrag aanpak.

Aktiwiteit 1:

Om belangrike gebeure tydens die oorlog te rekonstrueer

[lu 3.3]

1. Voer een van die volgende opdragte in groepsverband uit. Meegaande bronne sal jou weer daarmee help. Jou onderwyser sal aan jou die antwoorde van die ander groepe se opdragte verskaf.

a) Verbeel jou jy was ‘n swart kind tydens die oorlog. Skryf ‘n kort briefie om te verduidelik watter belangrike rol swart mense tydens die oorlog gespeel het – en waarom jy die term Suid-Afrikaanse Oorlog verkies.

b) Stel ‘n inligtingspamflet vir die Britse regering, namens Emily Hobhouse, saam oor die lewe in konsentrasiekampe in Suid-Afrika.

c) Sal jy genl. De Wet as ‘n held of dwaas beskou? Waarom? Skryf ‘n liedjie daaroor.

2. Hou ‘n groepsgesprek oor die volgende:

a) Wie het die oorlog gewen? Bewys dit.

b) Bespreek die volgende stelling, en dui aan of oorlog en demokrasie met mekaar verband hou.

Oorlog is die wetenskap van vernietiging. - John Abbott

Emily Hobhouse onder arres en na Engeland

WIL LOT VAN VROUE EN KINDERS IN KAMPE VERSAG

Kaapstad, 31 Oktober 1901. – Toe Emily Hobhouse vandeesmaand in Kaapstad wou land, is sy onder arres geplaas en gedwing om weer per skip na Engeland terug te keer. Geen rede is vir hierdie eienaardige optrede deur die regering verstrek nie.

Emily Hobhouse, wat van 27 Desember 1900 tot 24 Mei 1901 in ons land was, het ses konsentrasiekampe besoek. Sy het daarna in Engeland alles in die werk gestel om hulp vir die vroue en kinders in die kampe te kry en die publiek in kennis te stel van die ellendige toestande wat daar heers. Groot protesvergaderings is in Engeland gehou, en lede van die Liberale Party in Brittanje val die regeringsbeleid in die parlement aan. Die sterftesyfer in die kampe was vandeesmaand hoër as ooit tevore. In die sewentien Transvaalse kampe het 1 616 uit 57 905 vroue en kinders gesterf, die meeste kinders, terwyl in die Vrystaat 1 319 van die 1 514 wat vandeesmaand oorlede is, kinders was.

DIE NUUSBODE 1901

GEEN POEDING VIR TOMMIESTWEEFONTEIN, 25 Desember 1901. – Genl. De Wet het daarvoor gesorg dat die tommies wat vier dae gelede stelling ingeneem het op Groenkop op die plaas Tweefontein, nie die ongestoorde genot van hul “plumpoedings” gesmaak het nie. ‘n Deel van die Engelse leër wat besig was om blokhuise van Harrismith tot Bethlehem te bou, het met 580 man op Groenkop gekampeer, op die plaas Tweefontein in die distrik Bethlehem. Nadat komdt.-genl. De Wet self die posisies verken het, het die aanval om twee-uur in die môre op Kersdag begin. Nadat die top bereik was, het die geveg omtrent twintig minute geduur. Genl. De Wet deel mee dat 116 tommies dood en gewond is, terwyl 14 Boere gesneuwel en 32 gewond is. Die Britse gesagvoerder, maj. Williams, is onder die gesneuweldes. Behalwe 240 krygsgevangenes, bestaan die buit uit twee kanonne, baie gewere en ammunisie, vyfhonderd perde en muile, meer as twintig waens met osse bespan en met kos, klere en drank belaai. Die verowering van “Krismiskop” sal genl. De Wet se manne nie gou vergeet nie! HoofartikelBESIELENDE LEIERSKAPNadat Kimberley, Ladysmith en Mafeking ontset is en Bloemfontein, Johannesburg en Pretoria in Britse hande geval het, het lord Roberts die oortuiging uitgespreek dat die oorlog byna beëindig is. Nou, tien maande later, veg die grootste leër wat Engeland ooit oorsee gestuur het, nog op alle fronte in ons land en kos die oorlog Groot-Brittanje weekliks meer as £1 500 000, terwyl die Britse leër elke maand meer as 4 000 aan dooies en gewondes inboet en omtrent 50 000 soldate maandeliks huis toe gestuur word as onbevoeg om te veg. Lang afstande in ‘n uitgestrekte land wat hulle nie ken nie, het die moed van menige Britse Tommy gebreek, en siektes, veral maagkoors, dun hulle getalle weekliks uit.Baie wat wankel- en twyfelmoedig was na die oorgawe van Cronjé en die verlies van hul stede, is deur die besielende optrede van hul leiers weer teruggebring in die styd teen die oormag. Veggeneraal Christiaan die Wet en president Steyn het in die eerste plek daarvoor gesorg dat die moed van die burgers deur teenslae en rampe nie gebreek word nie. Op die plase het vroue en kinders egter gesorg vir die oes en die burgers aangevuur om die styd nie te staak totdat Engeland hul onafhanklikheid erken nie.Onverskrokke, met byna bomenslike uithouvermoë, besiel genl. De Wet elke kommando wat hy besoek om aanvallend op te tree. Niemand het die Engelse leërs en voorrade meer skade berokken as hy nie en niemand word deur hulle yweriger gesoek as hierdie groot Boeregeneraal nie.Ook in Oos- en Wes-Transvaal het die Boere-generaals dit vir die vyand warm gemaak. In Wes-Transvaal het generaal Koos de la Rey sy pad oopgeveg en die vyand sulke gevoelige houe toegedien dat groot versterkings gestuur moes word. Onder lord Roberts se bevel het die vyand toe reeds begin om alles te verbrand en verwoes en die vroue en kinders na sogenoemde vlugtelingkampe te neem. Hulle pogings om die altyd waaksame genl. De la Rey te vang, wat alles raakgesien en van al hul swakhede en foute gebruik gemaak het, het keer op keer misluk. In Oos-Transvaal het genls. Louis Botha, Ben Viljoen en Christiaan Muller met dieselfde onvermurfbare moed teen die altyd groeiende Britse leërmagte geveg. UITPUTTINGSOORLOG BEGINALBEI KANTE NUWE KRYGSMETODESVREDE, 6 April 1901. – Nadat die Engelse soos ‘n vloedgolf oor die land gestroom en die stede in hul hande geval het, het die karakter van die stryd in ons land verander. Verlede jaar het lord Roberts op 22 Mei die suidelike Republiek as “Orange River Colony” en op 1 September die Suid-Afrikaanse Republiek as ‘n Britse kolonie geannekseer. Maar in sy verwagting dat die oorlog nou beëindig was, is hy teleurgestel.Lord Roberts van Kandahar het ook sy krygsmetodes verander, want nog voordat lord Kitchener in November verlede jaar sy opvolger geword het, het hy die opdrag gegee dat die plase van die Boere oral verbrand moet word, die oeste verniel, skape en beeste afgeslag of weggevoer, en die vroue en kinders in konsentrasiekampe geplaas moet word. Reeds is daar 75 000 vroue en kinders in hierdie kampe, waar die sterftesyfer van week tot week styg. In Engeland is die verontwaardiging groot onder diegene wat met die Boere simpatiseer. Hulle het ‘n komitee gestig om die vroue en kinders te help, en op 27 Desember verlede paar het Emily Hobhouse in Kaapstad aangekom om vas te stel hoe die toestande verbeter kan word. Sy vertoef op die oomblik nog in ons land en span al haar kragte in om met die min geld wat sy tot haar beskikking het, die nood te lenig.Omtrent vier weke gelede het lord Kitchener in Middelburg samesprekings gevoer met Kitchener van Khartoem en hom as stafhoof, aangestel om die oorlog teen die Republieke met nuwe leërversterkings voort te sit. Die boere-leiers, die presidente en die veggeneraals van die Republieke, het nie aan oorgawe gedink nie; hulle het hul krygsmetodes verander. Aan president Krüger is ses maande verlof toegestaan om die Boeresaak in Europa te gaan bepleit.Die leërs is in kleiner groepe verdeel, goed georganiseer onder hul eie kommandante en generaals.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask