<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en beroepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Integrasie van Temas:

  • ‘n Gesonde Omgewing: Ons paaie word deur baie voertuie gebruik en dit is ‘n belangrike oorsaak van besoedeling. Bespreek. Veiligheid op ons paaie is essensieel. Leerders moet padreëls en veiligheidsreëls wat deur die skool en die owerhede ingestel is, gehoorsaam. Bespreek wat gedoen kan word om die leerders se veiligheid na en van die skool te verseker. Plante en blomme versier ons omgewing en moet beskerm word. Moenie hulle vernietig nie.
  • Inklusiwiteit: Mens, dier en plant is van mekaar afhanklik om te oorleef. Bespreek en gee voorbeelde.
  • Voertuie maak ‘n belangrike deel van leerders se ervarings uit. Aktiwiteite soos tel tot by 150, ‘n grafiek wat afstande en voertuie bepaal, asook die uitbreiding van samestellings van 16, word gebruik.
  • Voorwerpe tot 50 word geskat, gegroepeer en getel.
  • Die vermenigvuldigingstafel van 2 word bekend gestel en optelling en aftrekking van 6, 7, 8 en 9 word ingesluit.
  • Vorms word geïdentifiseer en gesorteer deur hulle in te kleur.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: alles oor tien [lu 1.3, lu 1.8.1, lu 1.9.1]

  • Sorteer die getalle en omkring die wat 10 maak as jy hulle bymekaar tel.
  • Skryf die getalle wat jy hierbo omkring het as getalsinne,

bv. 5 + 3 + 1 + 1 = 10

­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

LU 1.9.1
  • Verbind die getalle wat 10 maak as jy hulle bymekaar tel.
  • Verbind nog ‘n getal om 11 te maak, bv. 6 4 1 .
  • Jy mag getalle meer as een keer gebruik.

  • Skryf die getalsinne.

8 + 2 + 1 = 11

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

LU 1.9.1
  • 10, 20, 30, 40, 50, 60, 70, 80, 90, 100 is almal veelvoude van 10.
  • Kan jy aan ‘n ander manier dink om 47 + 7 uit te werk? Wys hoe jy dit doen.
LU 1.8.1
  • Lees die storiesomme.
  • Werk uit wat die antwoorde is.

1. Pappa ry Maandag 10 km om by die werk te kom. Op Dinsdag is hy weer werk toe en ry 6 km verder na die winkel. Altesame het hy so ver gery:

10 + 10 + 6 = ____________________________________________

2. Pappa werk nie oor naweke nie. Hoe ver ry hy gedurende die week van Maandag tot Vrydag werk toe?

________ + ________ + ________ + ________ + ________ = ________

3. Oor die naweek ry Pappa 100 km. Hoeveel verder het hy oor die naweek gery as deur die week? ________ = ________

4. Pappa neem 12 minute om tot by die werk te ry. Die bus neem twee keer so lank. Hoe lank neem die bus? ________ = ________

LU 1.8.1
  • Voltooi die kolomme.
30 + 6 36 ses-en-dertig
28
40 + 9
63
een-en-tagtig
44
70 + 7
drie-en-twintig
89
50 + 5
40
nege-en-negentig
LU 1.3 LU 1.8.1

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole van 1 tot minstens 200 ken en lees en skryf getalname van 1 tot minstens 100;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge gebruik om probleme op te los:

1.8.1 optelling en aftrekking van heelgetalle met minstens 2 syfers;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

1.9.1 optelling en aftrekking van getalle tot minstens 20.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask