<< Chapter < Page Chapter >> Page >

TEGNOLOGIE

Graad 9

HIDROULIESE EN PNEUMATIESE STELSELS

Module 12

die werking van kleppe in hidrouliese stelsels

AKTIWITEIT1:

Om die werking van kleppe in hidrouliese stelsels te beskryf

[LU 2.3]

Die eenvoudigste kleppe wat gebruik kan word is die eenwegklep. Dit word gebruik om die suier wat op beweeg het as gevolg van die druk op die hidrouliese vloeistof, in posisie te hou.

Die klep is nodig omdat vloeistof nie saamgedruk kan word soos gasse nie. Die werking van die klep kan as volg verduidelik word.

In die figuur word ’n krag op die suier van silinder A toegepas en deur die vloeistof as druk voortgeplant. Dit veroorsaak dat silinder B styg en ’n krag ondervind.

Indien die krag verwyder word, sal suier B weer terugsak.

Dit kan voorkom word deur van ’n klep gebruik te maak wat na regs beweeg wanneer die krag op suier A toegepas word en na links beweeg wanneer die krag verwyder word.

Druk word na regs deur vloeistof voortgeplant en die klep beweeg dan ook na regs.

3. Wanneer druk nie meer toegepas word nie, veroorsaak dit dat die vloeistof terugvloei en die veer dwing die klep na links.

Die klep sluit as gevolg van die vloeistof wat neig om terug te vloei wanneer die krag verwyder word en dit veroorsaak dat die veer die klep na links druk.

Vrae

Bestudeer figure 1 en 2 en beantwoord die vrae:

Figuur 1: Hier word ’n hidrouliese hyser gebruik om die motor op te lig deur die hefboom heen-en-weer te beweeg.

Figuur 2: Hier is ’n deursnee van ’n eenvoudige hidrouliese domkrag

Dit bestaan hoofsaaklik uit ’n klein insetsuier, A en ’n groter uitsetsuier, B. Die olie word in ’n reservoir gestoor en deur die klep in die stelsel ingelaat.

’n Klein krag word deur middel van die hefboom se werking op die klein opper­vlakte van die insetsuier, A toegepas. Dit veroorsaak dat ’n klein hoeveelheid olie uit die reservoir in die hoofsilinder, B in beweeg. Die eenrigtingklep veroorsaak dat die suier nie weer terug beweeg na die eerste pompaksie nie en sodoende word ’n groot krag met klein entjies gelig en na die uitsetsilinder B oorgedra. Die motor word dan op dié manier met klein entjies gelig.

1. Wat is die funksie van die kleppe in beide figuur 1 en 2?

2. Hoekom moet die hefboom heen-en-weer beweeg word om die suier na bo te laat beweeg?

3. Hoekom is die insetsilinder kleiner in deursnee as die leweringsilinder?

FOKUSTAAK 1:

NAVORSING

[LU 1.2, 1.4, 2.3]

Hierdie inligting gaan deel uitmaak van jou portefeulje.

1. Stel ’n lys saam van vyf hidrouliese en vyf pneumatiese stelsels wat algemeen in die alledaagse lewe gebruik word.

2. Doen navorsing en stel vas watter voordele ’n hidrouliese stelsel bo pneumatiese stelsels het.

3. Maak ook ’n lys van die voordele wat pneumatiese stelsels bo hidrouliese stelsels het.

4. Maak ’n lys van veiligheidsmaatreëls wat toegepas moet word met die gebruik van:

4.1 hidrouliese stelsels

4.2 pneumatiese stelsels

4.3 stel ’n bronnelys volgens spesifikasies op

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek:1.1 ’n probleem, behoefte of geleentheid vanuit ’n gegewe lewensgetroue konteks identifiseer en verduidelik, en die konteks, aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat geraak word, ondersoek;
1.2 ontleed bestaande produkte wat toepaslik vir ‘n geïdentifiseerde probleem, behoefte of geleentheid is, gebaseer op:
veiligheid;
geskiktheid vir doel;
koste;
vervaardigingsmetode;
1.3 praktiese toetsprosedures ontwikkel en uitvoer om die gepastheid of geskiktheid vir die doel van toepaslike eienskappe van materiaal, elektriese of meganiese stelsels, strukture, prosesse of eindprodukte te bepaal of te vergelyk;
1.4 ‘n verskeidenheid beskikbare soorte tegnologie en metodes gebruik om die volgende te doen:
vind (gebruik bv. Biblioteeknaslaanstelsel, ‘n databasissoektog, indekse);
versamel (bv. Vraelyste, datainsamelingsvorms, versoeke vir inligting, ‘n inligtingsoektog, literatuuropnames);
vergelyk;
sorteer;
verifieer;
evalueer (bv. kruiskontrole tussen verskillende bronne of hulpbronne);
berg inligting (bv. liasseerstelsels, indekse);
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk of met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid skryf of kommunikeer;
LU 2
Tegnologiese Kennis en BegripDie leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
stelsels en beheer:2.3 deur praktiese analise, kennis en begrip van interaktiewe meganiese sisteme en subsisteme demonstreer en sulke sisteme en subsisteme met diagrammatiese sisteemdiagramme voorstel:
ratstelsels;
bandaangedrewe of katrolstelsels met meer as een stadium;
pneumatiese of hidroliese stelsels wat beperkers gebruik;
eenrigtingkleppe;
stelsels waar meganiese, elektriese, pneumatiese of hidroliese stelsels gekombineer word.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. Voorkom dat die vloeistof terugvloei en sodoende behou suier sy posisie en bly die druk behoue.

2. Wanneer die hefboom opwaarts beweeg, word ‘n klein hoeveelheid olie vanuit die reservoir na die klein silinder uitgelaat.

Wanneer die hefboom afwaarts beweeg en ‘n insetkrag op die klein silinder inwerk, beweeg die olie deur die eenrigting klep na die grootsilinder. Die druk word ook deur die vloeistof volgens Pascal se beginsel voortgeplant en lewer ‘n groot uitsetkrag op die groot silinder.

Wanneer die hefboom weer opgelig word, sluit die eenrigting klep en kan die olie nie terugvloei nie. Sodoende bly die kragvoordeel behoue. Die proses begin dan weer van vooraf.

3. ‘n Klein krag op ‘n klein silinder lewer ‘n groot krag op ‘n groot silinder.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11070/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask