<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 9

Module 10

Taalverskynsels

AKTIWITEIT 1:

Om te sien of jy al die volgende taalverskynsels bemeester het

LU 6.1 LU 6.2
  • Kom ons lees van ’n hond wat weet van watter vermaak hý hou.

UMFAAN SKRIK VIR NIKS

Korrespondent

BLOEMFONTEIN Ontmoet Umfaan. Bloemfonteinse avonturier by uitstek. Witwater-vlotvaarder. Bobaas-rotsklimmer, -skiër en -kano­vaarder. Warmlugballonvaarder.

Dan is die agtjarige Umfaan, ’n strepiesbruin Staffordshire-bulterriër met ’n blinde regteroog, ook ’n veiligheidswag wat skrik vir niks. Nie skoonlief of ondier sal dit naby hom waag as hy sy baas, Johann Breytenbach (32), se beursie of selfoon kordaat in die bek het nie.

Breytenbach, ’n konsultant vir avontuurtogte, het Umfaan nie so geleer nie. In hul onafskeidbare jare saam sedert hy Umfaan in 1993 as die “kleinste, lelikste hondjie in die hele werpsel” gekoop het, het die paraatheid vanself gekom.

Breytenbach was destyds op pad terug van Zambië toe hy besluit het om vir hom ’n maat en “oppasser” te kry wat kon saamgaan na ’n basiskamp in die Caprivi. “Ek slaap maar vas. Selfs olifante kry my nie wakker nie.”

Hy het eers die naam gekies en toe die hond om by die naam te pas. Sedert­dien het hy en Umfaan (Zoeloe vir klein seuntjie) baie kilometers saamgery en baie tente in Suid-Afrika, Botswana en Lesotho opgeslaan.

Op ’n avontuurtog laat Umfaan nie op hom wag om in die pret te deel nie. Hy is veral gek oor watersport.

“Op die Vaaldam ‘ski’ hy op ’n binneband agter die boot. Wanneer hy af­val, versuip hy omtrent. Sodra hy in die boot is, duik hy weer in die water vir nog ’n rondte.”

Breytenbach sê Umfaan is enige plek gelukkig, maar in sy element as hy voor langs hom in die bakkie sit met die lang pad wat voorlê.

Sy regteroog is blind nadat daar vermoedelik ’n doring ingekom het.

Uit: Beeld , 3 November 2000

1. Wat is die meervoud van die volgende:

1.1 avontuurtog

1.2 avonturier

1.3 veiligheidswag

1.4 ski

2. Verskaf ’n sinoniem vir

2.1 by uitstek

2.2 konsultant

2.3 paraatheid

2.4 in sy element

3. Ken jy die volgende versamelname?

3.1 ’n werpsel hondjies

3.2 ’n geweerskote

3.3 ’n gedigte

3.4 ’n beskuit

  • VUL NOU DIE LYS AAN MET ANDER VOORBEELDE:

3.5

3.6

3.7

3.8

4. Voltooi die volgende sinne.

4.1 ’n Doring het in sy oog gesteek; daarom

4.1 As Umfaan van die binneband afval, versuip hy amper; nietemin

4.1 Jy kan dit nie naby sy baas se beursie waag nie, aangesien

4.1 Breytenbach slaap baie vas; trouens

5. Verskaf die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

5.1 Ek het ’n afspraak vir ’n (konsultant).

5.2 Ek is mal oor (avonturier) in die buitelug.

6. WIE WEET?

6.1 Hoe staan “Skoonlief en Ondier” in Engels bekend?

LU 6.1 LU 6.2

AKTIWITEIT 2:

  • Om jou eie spellys vir moeilike woorde te skep en om probleemwoorde te bespreek
  • Om ’n woordeboek en tesourus met selfvertroue te kan gebruik
LU 6.1
  • Kom ons werk aan hierdie leeruitkomste n.a.v. wat twee Oostenrykers as vermaak beskou.

OOSTENRYKERS TE PERD VIR ‘VOLLE’ ERVARING

Dirk Kok

ROSENDAL – ’n Oostenrykse musikant en sy aktrise-vrou het op drie Suid-Afrikaanse boerperde vertrek vir ’n Afrika-avontuur waarin hulle op die perde tot in Kenia wil ry.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask