<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 4

Persoonlike ontwikkeling

Module 13

Studiemetodes en tuiswerk

Studiemetodes

Aktiwiteit 1

Om ‘n bespreking oor die belangrikheid van huiswerk te hou [lu 3.6]

Hou ‘n dinkskrum oor die waarde van tuiswerk doen.

Elke groep rapporteer terug en ‘n algemene klasbespreking word hieroor gehou.

’n Kort debat “vir” en “teen” tuiswerk kan die aktiwiteit aanvul of vervang.

Aktiwiteit 2

Om ‘n vraelys oor huiswerk te beantwoord [lu 3.6]

Individuele opdrag

Voltooi die vraelys deur ‘n regmerkie in die regte kolom te maak. Wees absoluut eerlik. Werk dan jou persoonlike punt uit:

A) Dikwels B) Soms C) Nooit
  1. Skryf jy jou tuiswerkopdrag sorgvuldig in die klas af?   
  1. Maak jy aan die einde van die skooldag seker dat jy al die nodige boeke in jou boeksak het?
  1. Beplan jy hoeveel tyd jy aan elke opdrag gaan spandeer voor jy met jou tuiswerk begin?
  1. Kyk jy na die inleweringsdatums in jou tuiswerkboek voordat jy met jou tuiswerk begin?
  1. Sukkel jy om aan die gang te kom met jou werk?
  1. Kyk jy TV terwyl jy tuiswerk doen?
  1. Laat jy toe dat allerlei dinge jou tuiswerktyd onderbreek?
  1. Stel jy jou tuiswerktake uit tot die laaste oomblik?
  1. Wanneer jy vasbrand, vra jy vir iemand vir hulp?
  1. Gaan jy jou werk weer na voordat jy dit inhandig?
  1. Vra jy vir iemand om jou kennis te toets nadat jy vir ‘n toets geleer het?
  1. Lewer jy jou tuiswerk betyds in?

Werk jou totaal so uit:

Vraag 1 A = 2 punte B = 1 punt C = 0
Vraag 2 A2 B1 C0
Vraag 3 A2 B1 C0
Vraag 4 A2 B1 C0
Vraag 5 A0 B1 C2
Vraag 6 A0 B1 C2
Vraag 7 A0 B1 C2
Vraag 8 A0 B1 C2
Vraag 9 A0 B1 C2
Vraag 10 A2 B1 C0
Vraag 11 A2 B1 C0
Vraag 12 A2 B1 C0
Totaal:

Wat beteken jou persoonlike punt?

19-24

Jy doen jou tuiswerk getrou en jou studiegewoontes is goed. Jy is georganiseerd.Jy lees jou tuiswerkopdragte met aandag en mors nie tyd deur boeke en ander benodigdhede te soek nie. Aangesien jy jou tuiswerktyd só goed beplan, behoort jy genoeg tyd oor te hê om lekker te kan ontspan en ander dinge te geniet. Indien jy nie genoeg vrye tyd oor het nie, neem jou tuiswerk waarskynlik te veel van jou tyd in beslag. Praat met jou ouers of onderwyser hieroor en laat hulle jou help om jou tuiswerkprogram aan te pas.

13-18

Jy volg meesal die regte metodes om jou tuiswerk suksesvol te voltooi, maar beslis nie altyd nie. Jy moet jou tuiswerktyd beter beplan. Kies beter tye vir tuiswerk doen. Só sal jy beter vaar op skool en ook meer kwaliteit tyd hê vir ontspanning.Kyk mooi na daardie vrae waarop jy "soms" geantwoord het en oorweeg of jy dit nie in die toekoms na "dikwels" kan verander nie.

0-12

Jy dink waarskynlik tuiswerk is onbelangrik en wend nie ‘n poging aan om jou tuiswerkprogram te beplan nie. Jy sal hard moet werk om jou gewoontes te verander. Jy sal ook moet sorg dat jou houding teenoor skoolwerk verbeter. Vra hulp en raad by jou ouers of onderwyser hieroor.

Assessering

LEERUITKOMS 3: PERSOONLIKE ONTWIKKELING

Die leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te bou ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

3.6 gepaste studievaardighede toepas.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask