<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Die planeet aarde en die heelal

Module 39

Sonsopkoms en sonsondergang

Aktiwiteit:

Om die tye van sonsopkoms en sonsondergang te ondersoek

[LU 1.2]

Die groot geel bal

Die son is eintlik ‘n baie groot ster wat soos ‘n vuurbal in die middel van die heelal lyk. Dit verskaf aan die aarde lig en warmte wat alle lewende wesens nodig het om te groei. Die energie wat binne-in die son vrygestel word, veroorsaak dat die son skyn. Daar is sonvlekke op die son wat dikwels gesien kan word.

Hou ‘n groepbespreking oor die volgende vrae:

  • Uit watter rigting kom die son soggens op?
  • In watter rigting gaan die son saans onder?
  • Waar, dink julle, gaan die son saans heen?

Hou rekord van die tye van die sonsopkoms en sonsondergang vir twee weke lank. Wat kom jy agter?

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • ondersoek uitvoer en data versamel.

Memorandum

Mnr. Breinsel:

  • Jong, hoe warm is dit daar by die son?Antwoord:
  • 6 000°C (60 x die temperatuur van kookwater)

Hou ‘n groepbespreking oor die volgende vrae:

  • Uit watter rigting kom die son soggens op? Uit die ooste
  • In watter rigting gaan die son saans onder? In die weste
  • Waar, dink julle, gaan die son saans heen? Gaan nêrens heen nie; die aarde draai om sy eie as; dit skyn nou in ‘n ander deel van die wêreld.

Tyd van sonsopkoms en sonsondergang

Hou 2 weke lank rekord van die sonsopkoms en sonsondergang deur elke dag die koerant skool toe te laat bring en die kinders self te laat kyk na die weerberig. Hulle moet die tyd van die sonsopkoms- en sonsondergang tabuleer. Hulle raak gewoonlik baie opgewonde as hulle sien hoe die tye elke dag verskil!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask